Woensdae Hengel

Goeie dag almal.

Ek het vir myself elke Woensdag nou uitgesit vir die winter om ‘n hengel dag te hou hier by my om verskillende verskaffers van produkte te nooi om hulle produkte vir die dag te bring en saam met my te hengel waar ek dan vir die dag met hulle produkte hengel en dan ‘n verslag daaroor skryf…

Ek het dit laasjaar ook gedoen en dit het baie goed verloop so dis weer tyd daarvoor.

Op die einde van die dag help dit my om my gaste die regte raad te gee wat om te gebruik en so ook help dit julle as verkaffers om met sekerheid te kan sĂȘ wat hier werk….

Ek het klaar antwoord van die volgende verskaffers gekry en bevestig is dat hulle deel van die projek wil raak…. Ek wag nog vir ander om finaal te bevestig…

1. Conoflex Signature Series

2. Venom Baits

3. FISH

4. MC Dips

5. Carp Fanatic SA

6. Twin Series

7. AJ Dips

So hou die blogs dop vir my terug voering op die hengel dae….

Groete

Henning

Please follow and like us:

Leave a Reply

Close Menu