You are currently viewing 17 Mei 2023 – LLSS

17 Mei 2023 – LLSS

winter hengel sessie 17 Mei 2023

Ons hengel vandag saam LL Signature Series en Loutjie Louwies is hier vir die dag se hengel.
Loutjie Louwies het begin in 1994 met die maak van produkte en het met n paar produkte begin soos:
1. Vattikakki
2. Tjop Tjop
3, Kiana
4, Almond Supreme
Loutjie was werksaam by die SAP en in daardie tyd was geld maar min en R5.50 ’n dip was baie geld. Omdat Loutjie nie net ’n dip vervaardiger is nie, maar ook een van SA se top hengelaars was, het met elke geleentheid langs die water om te hengel as ’n sport en daarom gesê dat die dips te duur was daardie tyd vir die min salaris wat hy gekry het.
Vattikakki en Tjop-Tjop was sy 1st dippies wat hy gemaak het die die res het gevolg soos die tyd aangestap het.
Vandag staan hulle al te saam op 55 dips, 10 Ball dips, 12 Floats, 10 Mielies en dan Bullets en Stick baits produkte om van te kies. LLSS doen ook spesie produkte van Popups tot Dips so jy kan basies se dis ‘n 1 stop winkel.
Loutjie het ’n paar van sy nuwe produkte saamgebring vir die dag en hier is wat die dag vir ons ingehou het…..

Johan Fourie. Vosrite Fishing Klub se voorsitter het saam met ons kom hengel vir die dag en ek en Johan was net na 06:00 by die water gewees. Loutjie was nog op pad vanaf Rustenburg maar het digte mis langs die pad gekry en moes stadig aanry Vosrite toe.
Ek en Johan self het mis op die venue gekry en moes maar mooi kyk waar ons beweeg. Dit het gelyk of dit ’n baie donker koue dag gaan wees maar ons was reg vir die dag wat ook al dit vir ons inhou.

Ons albei het LLSS Produkte in ons kaste so ons kon teen 7 uur lyne in die water gooi..Johan het Hoekom Bloekom op die voer bal gegooi saam met ’n Raptor Stick bait en Custard Bullet. Afstand het gewissel tussen 60m en 30m. Johan kry toe sommer ook die 1st karp vir die dag en daar is die rekening oop en ons weet dat ons darem nie gaan “Blank” nie. Nie lank nie en Johan het weer ’n karp aan die lyn op dieselfde kombinasie….Ek sit nog met niks maar ek is geduldig…
Ek het begin met op die 1stok wat ek vêr gooi Apex Predator saam met ’n SWG floatie op en hom gooi ek so op 80m. Water vloei is hoog hier by die 70m3/s so stroom is sterk maar ek gooi net-net voor die sterk stroom. My 2de stok gooi ek Nesquick op die voer bal saam met ’n SWA floatie… nou vir die gewag. Lyne lê lank het beweging op hulle maar geen positiewe vat nie.
Loutjie is veilig op die plaas en vinnig word alles afgepak sodat die groot hengel kan begin. Loutjie handig oor aan ons die produk wat ons kan gebruik vir die dag. Soos altyd 1st ding wat ek doen, is maak oop en ryk aan dit….Mense die reuk wat uitkom is regtig sterk en natuurlik met ’n twist. Jou neus speel woer-woer met jou want jou neus en gedagte kom nie ooreen wat jy nou eintlik ryk nie.
Kom ons begin by die Ching Cho Cha, Sterk en skerp cinnamon geur, dik dip en ’n baie mooi kleur maar daar is nog iets in maar soos gesê daai woer-woer van wat kan dit wees….wel eendag sal ek uitvind maar dis mooi. Volgende is die Peanut Punch en ek hoef nie te noem wat dit is nie…Vars peanuts wat jy maal se reuk kom daar uit..lekker dik dip wat mooi smeer op die voer bal. Dan T&T WOW dis nou iets wat jou reuk sintuie heel op hol sit want jy dink jy ryk iets dan is dit amper maar nie stamper soos hulle mos sê. Die laaste 2 is die Moerby Bullets en Stick baits. Daar is reeds die Moerbei dip so hierdie 2 vergesel net die dip maar is baie goed gegeur.
So hierdie was die hoof produkte wat ons gebruik het en natuurlik kon jy bysit net wat jy wil. Dis soos hierdie MasterChef program op TV waar jy die produkte kry wat in die gereg moet wees maar jy kan enige produk bysit maar jou hoof produkte moet die genoem wees.

Wel, so het ons dit toe begin gebruik. Eers gooi ek Apex predator saam met ’n SWG float op my vêr stok van 80m. My naby stok gooi ek die Moerbei dip saam met ’n stukkie Moerbei Stick bait en halwe Moerbei Bullet en hy gaan so 40m uit. My vêr stok lê so 57min en ek het my 1st vis aan die lyn. ’n Muddy maak sy verskyning en my rekening is oop. Ek laai my vêr stok met Ching Cho Cha saam met ’n DKW floatie en gooi hom daar na die 80m merk toe, My naby stok loop ook en weer ’n muddie op die lyn. Wel, nou is ek darem op 2 visse al. Ek gooi T&T saam bietjie Caramel XF op die voer bal saam met ’n SWA floatie en weer so op 40m.
My vêr stok trek weg en ek het ’n mooi karp op die lyn. Stadig maar seker kom hy in en daar het ek ’n karp wat op my lys gesit kan word. Dis ook die grootste karp vir die dag. Ek herlaai my vêr stok met Peanut Punch saam met ’n Peanut floatie en ek plaas hom weer so op 80m…ek kry weer ’n karp maar die lyne lê lank. Weer laai ek Peanut Punch met Peanut Floatie en 80m daar gaan hy. Ek moet vinnig op Plaashuis toe en met die wat ek weg was vang Johan toe op my vêr stok ’n karp. Dit was lekker om vir ’n slag ’n paar karpe te gevang het en verder kry ek toe muddies maar 2 mooies verloor teen die kant.
Terug by my kort stok. Ek bly T&T saam Caramel XF met ’n SWA floatie gooi en die muddies is op my kol en ek vang ’n paar op die kombinasie. Hier en daar kom ’n mooi muddie uit en ook kleintjies wat kom hallo sê.

Johan vang nog ’n paar geel vissies en muddies vir die dag. Sal Johan vra om ook ’n verslag te doen oor sy hengel vir die dag.
Loutjie het sy rekening oopgemaak met ’n baber en daarna gedurende die sessie het hy 2 mooi karpe verloor wat naby die kant binne hak plekke in geswem het en nie wou loskom nie. Verder was Loutjie ook goed besig onder die muddies. 
Die volgende het vir Loutjie gewerk –
Linker Stok:
Moerbei saam Bunspice 101 op die voer bal.
Raptor oozing float met soet wit deeg
80 m kry 1 karp en 6 muddies
Regter Stok: muddy stok
Moerbyi saam F2Fifty
Moerby sticbait met deegie agter
25 m 1 baber baie muddies.

So kom die dag tot ’n einde met ’n klomp lekker visse en ons almal her dit baie geniet….As dit by muddies kom, sal ek altyd Peppermint crisp saam Double Chocolate en ook Loodewyk saam Menthol muddie(Tokkelossi) maar nou het ek nog ’n nuwe kombinasie van T&T saam Caramel XF….so ek vra vir Loutjie wat is T&T…en sy antwoord is “Maat se maar net dis N nuwe gatskop geure kombinasie” en dit is beslis dit…ek dink die T&T staan vir TONNE & TONNE vis want dis wat jy daarmee gaan vang.
Dankie, vir almal se saam lees en sien uit na die volgende sessie. Gaan kry gerus vir julle van die nuwe dippies en produkte dit gee vir jou vis…..  

Ek het die dag gehengel met my gunsteling 11ft JL Custom stokke en ook my eie stroppe wat goed werk hier op Vosrite se venue. 

Please follow and like us:
error

Leave a Reply