Ek en twee vriende het die naweek by die Timbivatie gehengel. Ek kon vroeg deur gaan Vrydag terwyl my vriende ongelukkig nog moes klaar werk. Soos altyd word jy met ope arms verwelkom by Vosrite. Die keer was dit Henning. Hy het my gou tou wys gemaak met die camp site want dit was my eerste keer by Timbevatie en natuurlik gee hy dadelik advies soos waar hy voorstel jy gooi en wat om te gebruik. Voorheen was ek by Alpha en die Cabin en ‘n paar keer by Manapools campsites. Hierdie is uit en uit my favourite venue. Nie net vir die vis nie, maar vir die mense en die asemrowende uitsig.
Ek het my lyne nat gekry so teen 14:30 Vrydag middag, en Henning het my laat weet ek behoort so uur te wag. Hy is toe weg om Carp Fanatic se manne by Manapools te verwelkom. Kort na hy weg is kry ek ‘n kleinbek geel vis op my linker stok en weer net daarna ‘n klein muddie op die regter stok. Ek gooi toe weer dieselfde kombinasies.
Ek wil toe die Gazebo so lank opslaan net om te besef ek “slim kind” het net die pale gebring en geen seile…. Ons was in vir die naweek langs die rivier sonder skuiling in die winter… baie slim van my, maar ek is nie bang nie J. Dankie tog vir die bome, maar die koue gaan ons bekruip…
So teen 15:15 kry ek ‘n mooi reel run op die linker stok. Ek veerloor hom ongelukkig en herlaai en terwyl ek laai byt die regter stok en die keer kry ek so 2kg karp uit. Binne nog ‘n uur het ek nog drie byte gekry. Het een verloor, een karp van so 2.5kg en toe een van so 4.5kg gevang. (Ek het net ‘n foto van hom in die carp cradle want ek was nog alleen, en ek gaan nou nie daai foto laai nie, dis boring).
Dis hier waar ek gedink het: “Nee kyk, die naweek gaan weer besig wees.”
My vriende daag toe op. Hulle was nie baie impressed dat ek die Gazebo vergeet het nie, maar ons gaan nou lekker kamp anyway.
Nou soos elke hengelaar weet, die vis werk nie altyd saam nie, of iets verander om dinge te laat verander… Vrydag aand het ons nie ‘n byt gekry nie. Ons het so 10:30 gaan slaap en maar lekker koud gekry in moeder natuur. Saterdag oggend is ons op om die dag te embrace. Het ingegooi en tot ons teleurstelling was die vis nogsteeds baie stil.
Ons het ‘n draai by Manapools gemaak (voor af gereël). Henning en die manne van Carp Fanatic het darem vis gekry. Hulle blog is ook op die blad so ek gaan niks verder sê van hulle vangste hier nie. Hulle het mooi gevang.
Ek het net een Karp gekry vir die Saterdag maar het positief gebly.
My vriende het ook so paar gekry deur die dag. Grootste Karp vir die naweek was gevang deur Shane van 5.2kg.
Ryan het onder andere ‘n muddie (en sy PB) van 2.32kg gekry en mooi kleinbek geelvis gekry wat ons nie geweeg het nie.
Saterdag aand net toe dit donker word trek ek myself dik aan met die wader om reg te maak vir aand hengel.
Ek gaan trek uit om kombinasies en aas te verander en haak toe vas met een stok. Ek probeer gewoonlik ‘n kanoe of so iets saam vat Vosrite sodat ek lyne kan gaan los maak en het die naweek een geleen, so ek dink toe ek sal gou in roei en lyn los maak.
Nou mense, hier is waar ek weer sal erken dit was nie baie wys van my nie: MOENIE in die nag in roei nie. MOENIE met ‘n wader in roei nie. ‘n Strop is nie jou lewe werd nie.
Ek was skaars in toe iets verkeerd gaan en ek tiep die kanoe. Gelukkig is ek nog in vlak water. Water is bo in die wader en in ek is sop nat, kop tot toon. Nou ja, dit was die einde van my aand sessie, want ek moes oorskiet- en geleende klere aan trek om warm te bly en toe kuier ek nou maar net lekker saam my vriende langs die vuur. Shane het nog ‘n mooi karp gekry die aand.
Ons het weer in die koue weer gedoedoe en Sondag oggend weer met goeie vooruitsigte wakker geword en on naweek weg verder geniet. Na ,’n lekker koppie koffie wat Ryan gemaak het, het ons seker so net na 7 weer lyne nat gemaak.
Sadly was dit nog steeds baie stil. 10 uur het ons besluit ons gaan maar op pak. Ek het amper alles bakkie toe gedra en net toe ek oppad is om stokke uit te trek. Oppad stoke toe kry ek ‘n reel run wat ek baie lank laas gehoor het. Die manietjie was baie haastig.
Toe ek hom optel voel jy daai krag. Daai opwinding. Die gevoel wat net hengelaars sal verstaan want nou, het ek ‘n groot ding aan die lyn gekry. “HIER is ‘n bulletjie!”, roep ek uit na Shane en Ryan, “kry my skepnet asseblief…” Hy het stroom af geswem en het nog ‘n hele paar meter lyn saam hom gevat.
Net toe dit voel hy draai kry my lyn daai plukkie wat elke hengelaars sal ook sal verstaan. Daai *$* gevoel. Die hoek was nog aan die lyn, maar my vis het net losgekom. So ongelukkig was my saterdasg en sondag nie so goed nie.
Hierdie blog het nou wel nie baie positiewe dinge wat baie, of groot vis bespreek nie maar ek het besluit om die een my eerste blog te maak want enige hengelaar weet daar is bad dae ook. Dit sal my nooit keer om weer te gaan probeer nie. Ek is mal oor my visvang. Vosrite sien my gou weer en julle sal binnekort weer hoor van my. Ek het my naweek nogsteeds verskriklik geniet.
Aas en kombinasies wat vir my gewerk het die naweek: Banana float met almond bullet backing en Raptor en Grasgogga op die bol; Bunspice pit met Mystic Spice en Rooi Tjop Tjop op die bol en die bulletjie wat ek verloor het Sondag oggend het gebyt op Kiana pit met Kiana en Paint op die bol.
Ek het vis gekry op so 80m, net voor die stroom. Tot weer siens mede hengelaars. Stywe lyne. My volgende blog is by Vaaldam waar ek klub komp gaan vang het in Junie 2018.
Dankie JOhan. Mooi verslag en sien uit na jou Vaaldam verslag.