Dit is nou Julie maand en ons is diep in die winter , en die Noord Natal riviere raak al hoe skooner .
Dit is n baie goeie tyd vir ons om die Natal Geelvis (Labeobarbus natalensis) of hoe meeste van ons hom ken die ” Natal Scalie ” te teiken omdat die water baie konstant en skoon bly.
Hier buite Newcastle is ons gelukkig om meer as een rivier te he wat die inheemse spesie behou , so daar is heelwat opsies naby om te gaan teiken .
Die eerste deel van my 3 deel verslag gaan ons op die Ingogo rivier wees so 20 km buite Newcastle op die N11 .
Ek is maar nog n beginner as dit kom by vlieg Hengel en vra toe n gesoute vlieg hengelaar met die naam van Gregg Hesom om saam my te kom vir die dag .
Ons het besluit om mekaar te ontmoet op die dorpie van Ingogo ,en saam te ry na die stukkie rivier wat ons sou teiken vir die dag .
Na ons gestap het deur die strome om by die dieper poele uit te kom het ons begin gooi .
Dit was n goeie 45 min wat ons dieselfde vliegies gegooi het , af en toe n hap gekry maar niks in die net .
Gregg onthou toe die groen larwes wat hy gesien het op sy pomp huis en besluit toe op n vlieg wat min of meer soos hulle lyk .
Dit was nie 5 min nie en hy was aan met die eerste Scalie vir die dag , n groot verligting vir my na ek hom 60km laat ry het om by my aan te sluit .
Gregg se toe vir my ek moet ook verander en regs van hom gaan staan en die diep poel teiken .
Ek maak so 5 gooie , en sie daar is ek aan met my eerste Scalie , ons stoei toe vir n paar secondes en hy is toe af .
Gregg leer my toe as mens met n “Barbless” hoek vang om altyd tensie op die lyn te hou om seker te maak die hoek bly in die vis se mond .Dit het my n tydjie gevat om gewoont te raak ,sienende dat in my Karp agtergrond ek maar altyd met n “Barbed” hoek hengel .
So paar minute na my vis af gekom het is Gregg aan met nog n Scalie , ek besluit toe ek loop oor en gaan neem gou vir hom n kiekie van die pragtige vis .
Ons tyd op die water was amper verstreke toe kry ek nog n vat op my vlieg ,die keer was ek gelukkig genoeg om die vis te sien draai voor my maar na ek opgewonde geraak het , het ek weer n beginner fout gemaak en die vis was af .
Ek het wel baie geleer op ons dag uit , en met my kennis wat ek opgedoen het vertrou ek dat in my volgende verslag ek wel vir julle n kiekie sal he van my eerste Natal Geelvis .
Tot volgende keer .
Groete
Dehan Bezuidenhout
P.S – Dankie aan Bjorn Celler wat ons altyd toelaat om op sy grond te hengel.