Hi Almal. Hiermee my tweede blog. ‘n Week na my Vosrite trippie in Junie vang ek by Vaaldam Rooibult. Dis ons maandelikse klub kompetiesie. Nou so vinnige intro tot ons klub sodat julle bietjie meer ingelig is: Ek hengel saam Pro-Social Hengelklub vanaf 2014. Ons doen nie die Liga’s en Proewe ding nie en hengel slegs naweek komps. Diè jaar hengel ons vanaf 10:00 Saterdag tot 12:00 Sondag, Januarie tot November. Alhoewel on ‘n social klub is glo my as ek sê daar is manne wat kan hengel. As jy wil kompiterent hengel is daar kompetiesie hier vir jou.
Ongelukkig het ek nie fotos van vis diè naweek nie. Ek het nie daardie naweek gedink ek gaan ‘n artikel skryf nie, maar sal volgende keer vis fotos neem. Met die klub se toestemming sal ek wenner fotos en punte ook deel.
Ons mag vrydag deur gaan water toe, maar mag net hengel tot en met 18:00. Hierdie komp het ek en my visvang buddy Botha so 15:30 daar aangekom. Daar was klaar ‘n paar klublede daar maar niemand het lyne natgemaak. Ons het ons spot gekies, kamp opgeslaan en besluit om nie nou in te gooi nie. Vannaand kuier en braai ons saam ons goeie vriende van die klub. Die maan was uiters klein gewees die maand.
Ons het lekker gebraai en ek is bed to so 22:30. Dit was koud soos jy kan verwag van winter maar nie te erg.
Saterdag oggend is ek op net na ses. Ons het ons deegies en voer voorberei. Nege uur is ons na die bemekaar kom plek toe om inskrywings te doen end at meeting voor komp begin. Die wind het bietjie gestoot en was koud op die stadium.
My gameplan vir die naweek was: Sit by die diep water en hengel so diep as moontlik. Ek is net ‘n social henglelaar so sukkel om dieper as 100m te gooi so my diep is nie baie mense se diep nie. Ek wou net so diep gaan as wat ek kan.
My beplande kombinasies: Wel daar is een ding wat baie baie goed werk vir my vanaf laaste winter elke winter komp. Ek het die tip gekry by pro hengelaar Gert Duvenhage op die Conoflex Facebook blad meer as ‘n jaar terug en dit werk baie mooi in die winter in Vaaldam. Op die bol sit ek Raptor (Banana), R2k (Rose) en Vampire sprei of Gomtor (wat altwee Garlic is) van nou af noem ek dit my Kombo 1 in die blog. Dit het al baie vis vir my gebring in die winter. Op die hoeke speel ek rond met die aas om vas te stel wat werk. Ek probeer floats, bullets en deeg en ‘n kombinasie van die lot totdat ek vas stel wat werk beter op die dag.
Na die inskrywings en vergadering Saterdag oggend is ons terug kampe toe en ek het begin met my kombo 1 op die linker stok. Ek wou diep gooi maar hy het net so 70m gegaan so ek los hom toe maar daar. Op die regter stok twee probeer ek ‘n ander kombo en gooi hom so 85m. Ek haak hom to maar sommer in.
Dit was seker so 20 minute toe ek my eerste karpie vang op die linker stok. My vriend Botha was aan my regter kant en daar het ‘n besoeker links van my gesit en links van hom een van ons dames. Ons groepie hengelaars het goed begin en deur die dag darrem ‘n paar gekry. Ek kon vroeg sien ons vier heel links in die diep water doen beter as die res van die klub. Kombo 1 en SWD op die hoekke het baie goed gewerk. Floats en Bullets het stadiger gebyt.
Die vis het vlak uit gekom waar ons gesit het. Enige iets dieper as 75m het gelê keer op keer. Ek het bly probeer met die dieper stok in die hoop om iets beters op te tel terwyl die vlakker stok my besig gehou het. Kombo 1 het bly werk en nadat ek gesien die besoeker kry vinniger byte as ek nog vlakker gekom. Ek was ingehaak op 60m en toe die nuwe kol aan die gang kom to werk hy mooi vir my Saterdag middag. Ek het ook genotice minder garlic op die bol werk vinniger.
Deur die dag het die wind bietjie gepla maar was nie te erg nie, hy was koud maar te verstaande vir Junie maand. Die wind het gaan lê laat middag en die aand het aangebreek. Ons het warm aangetrek en vuur gemaak by my kamp.
Botha, die besoeker en dame naby my het saam my gekuier by die vuur. Die vis was stiller en ek het ander kombinasies begin probeer. Ek het en karpie gevang met TCP en Almond (Cold front en Almond Supreme). Ek het met die ander stok baie vlak gegooi want die vis het vlak gespeel. Dit was seker so 40m. Daar het ek my grootste karp vir die naweek gekry wat 1.79kg was.
Ek het so 9 uur die aand agterkom dis baie kouer as gewoonlik. Elf uur help ek die dame haar mooi karp skep (hy het 2.46kg geweeg). Daar was ‘n handoek oor haar plastiek houer wat buite getsaan het. Toe ons die handoek optel to is hy solied gevries in die vorm van die houer. Dis toe dat ek besef ons is in vir ‘n baie koue aand vannaand. Ek het so 1 uur gaan slaap en ‘n koue aand was dit. Een of ander tyd het ek nog ‘n slaapsak gaan uithaal, iets wat ek nog nooit hoef te gedoen het nie. Ek het nie gekyk nie maar daar was manne wat gereken het die temperatuur het gedrop tot -7 grade daai Sondag oggend. Ek glo hulle want dit was onsettend koud. Hele emmers wurms was dood gevries. Emmers water amper solied gevries. DIT WAS KOUD MENSE 😀 maar visvang bly lekker!
Ek het so 7 uur uit my twee slaap sakke geklim en die dag trotseer. Die vis het weer op kombo 1 begin byt op so 60m. Ek het nog so paar gevang tot 10:30 en begin op pak.
Ons het 12:00 begin inweeg en ongelukkig vir die ander manne het dit nie so goed gegaan met hulle die naweek nie. Vis was diep en hulle het gereeld afgebreek. Ek het eerste ge-eindig met 30 vis 17.49kg. In tweede plek was dit ons voorsitter met 14 vis 12.325kg. Derde plek was die besoeker links van my met 16 vis 8.23kg.
Grootste vis die naweek in die klub was: Karp 2.49kg; Geelvis 1.025kg; Baber 260g. Ons het mooi muddies gekry (vir vaaldam). Swaarste drie muddies was 1.24kg, 1.47kg en 1.625kg. Ons was 28 hengelaars en het 195 vis gekry van 125.815kg.
Dit was my eerste eerste vir die jaar so eks happy. Ek moet eerlik wees, dit was nie noodwendig ek wat iets reg gedoen het nie, maar ek dink eerder dit was die dieper water waar ons gesit het wat ons gehelp het die naweek. Ons het ook nie baie afgebreek nie waar die ander ouens baie gehaak het.
Mede hengelaars: Stywe lyne tot weers siens.