Tossel se doop dag

Ek word gereeld gevra waar my naam Tossel vandaan kom. Wel laat ek julle vertel van my doop dag maar eers ‘n bietjie geskiedenis oor my hengel.

My Pa het by my oupa geleer visvang. Ongelukkig sterf my oupa toe ek 5 is. Ek dink ek en hy sou nogal baie fun saam gehad het as hy langer geleef het…. Ek was nog in doekke toe ek saam dam toe is.

Ek is daar in die middel saam met my sussie regs en geen idee wie die snot kop links is… :). Enigste foto wat ek ongelukkig het en slegte kwaliteit want ek is fosiel oud.

My Pa het vir Afrox Hengelklub gevang van die 80’s tot 90’s. Toe ek seker so 12 of 13 jaar oud was ek gevra om Liga te vang vir Afrox hengelklub. Ons jong spannetjie van vier het behoorlik gat geskop in Suid-Transvaal en toe later “All-Transvaals” ook lekker gekompeteer. Dis waar die kompeterende visvang gogga my gebyt het. In St.9 (Graad 7 vir julle jonges) gaan hengel ek my eerste proewe en maak A-span in Suid-Transvaal. In die SA’s in PE het ek goed gevang maar nie goed genoeg vir SA span nie. Ek het in elk geval daar besluit ek wil nie weer so ernstig vang nie. Dit het die fun uit die sport begin haal vir my oor politiek. Ek het so paar keer weer ligas gevang maar dit is dit.

As ek nou reg onthou; so tussen 1994 en 1995 toe “vou” Afrox hengelklub ook oor politiek. Na Afrox vat ek ‘n breek van hengel maar nie te lank nie toe begin ek vir Atlas hengelklub vang; dink dit was einde 1997 miskien selfs 1998.

Nou dit is die klub wat my Tossel gedoop het. Dit was ‘n November (en my derde) kompetiesie vir Atlas. Ek was ‘n jong klein maer mannetjie en amper niemand in die klub het ons geken nie. Ek het my hare begin groei want ek wil ‘n “pony-tail” hê. My “pony” is toe op daai stadium maar seker net so 5cm lank en agter my kop. Steek by my cap se gaaitjie agter uit…

Ons hengel by Leeupan Dam naweek kompetiesie en diè naweek onthou ek baie goed.

Ek het so 05:45 my stokke in die water gekry. 30 minute later het ek klaar 10 vis in my net. Dis toe dat ek en my pa besef diè naweek gaan rof raak. Ons was die hele dag baie besig. Klein vis gekry maar onsettent baie. Gelukkig teen son onder raak die vis rustig en ek eet gou en gaan slaap. Ek het weer so 04:00 opgestaan, tande geborsel en weer begin vang. Weereens het die vis soos besetenis gebyt. Ons het baie keer nie eers polissie manne opgesit nie. Hou maar net die lyn dop. Trek keer op keer twee vis op ‘n strop uit.

Agt uur daai oggend is alles klaar. Ons grond voer, ons mielies ons energie ons ALLES is klaar. Ek loop toe en bedel nog voer by ‘n paar lede en voorsitter en kry nog ‘n blik mielies by iemand. Ons vang weer alles klaar teen elf uur daai oggend en pak toe op.

Toe dit nou my beurt is om in te weeg gooi ons  my sak uit en daar…. Is. Een. Helse. Lot vis op die grondseil. Meer as wat ek nog ooit gesien het uit een sak kom. Seker agt manne staan en keer en  vang die vissies wat rond spring en gooi hulle terug op die seil en nader aan die skaal. Dis ga-oties….

Terwyl die vis die hele wêreld vol spring skree iemand: ”Wie de hel het al daai vis gevang!!?” ‘n ander ou skree: “Daai ou met die Tossel agter sy kop!”

Nou ja, daar en dan was Tossel se doop. Tossel Fourie, eerste geborene van Johannes Frederick Fourie en Jacoba Elizabeth de Villiers.

My ponytail was toe gesien as ‘n Tossel en dis nou al meer as twintig jaar later en drie klubs verder bly die naam nou maar net saam my, al het ek my Tossel baie baie jare terug afgesny sal ek doodgaan met daai naam. Vandag is dit deel van my. TOSSEL!

Ten slotte daai doop naweek klaar te bespreek:

Daai tyd in Atlas  – soos meeste klubs maar – moes ‘n vis 150g weeg om te tel vir punte. Terwyl ek gevang het ek hordes klein vis terug in die water gegooi gedurende die kompetiesie. Nou moet ons hierdie horde vis by die inweek check om die “undersize vis” uit te gooi. Beamptes begin vis terug gooi wat minder as 150g weeg. Nie tien nie, nie twintig nie….. neee…. Ek staan daar en dink by myself: “Vandag maak ek my naam Gat en weeg amper niks in nie….”

Hulle gooi seker 40 of 50 plus klein vis terug voor al die beamptes nou saamstem die ander vis wat oorbly is darem “size”. Ek weeg toe 116 vis in wat so 24.5kg geweeg het. Dis reg: net so oor die 200g ‘n vis maar baie – baie – punte werd wat my toe ‘n eerste plek gee en naam maak in daai klub.

Nou ja daars die storie oor my visvang doop naam mede hengelaars en vriende. Geniet julle sport / hobbie tot ‘n volgende keer.

Please follow and like us:
error

Tossel

Hi almal. My visvang-bynaam is Tossel. Ek het 'n blog geskryf waar dit vandaan kom... :https://www.visvangsa.co.za/?p=623. Vir jare het ek gehoop die naam verdwyn maar nou is dit maar so. En ek's trots op hom, so dis hoe julle my nou sal leer ken. Ek is ‘n 43 jarige sosiale hengelaar wat hengel vandat ek kan onthou. My Pa het my begin leer en saam hom en baie ander mense het ek oor die jare baie meer geleer en liewer geword vir papgooi. Ek het die proewe en SA’s ding gedoen jare terug maar nou geniet ek die sport sonder die politiek. Ek hengel saam Pro-Social Hengelklub vanaf 2014 en geniet dit onsettend baie, julle moet ons kom besoek. Julle raak dalk verslaaf soos ek :D. https://www.facebook.com/groups/458751864285061/ In 2019 het ek en Henning Vosloo Vosrite Hengelklub begin en is ook no doening met die nuwe klub, sover het on ook baie fun daar: https://www.facebook.com/groups/440347853291623/

This Post Has 2 Comments

  1. Johan Fourie

    Ek maak verskoning vir spel foute, ek werk engels vir jare en het nie ‘n afrikaanse spel fout applikasie nie… lol.

  2. Henning

    Baie dankie Johan(Tossel) vir jou blog…. dit was nou lekker lees genot gewees….

Leave a Reply