Moenie Vosrite to gaan nie – Tossel – Mei 2019

For the English version: https://www.visvangsa.co.za/?p=670.

Ek was weereens geforseer om Vosrite toe te gaan op 1 Mei 2019. Ek was gedreig en geboelie om te gaan. Kom ek vertel julle bietjie van my rowwe dag.1

Ek moes 4 uur op staan om gestraf te word. By die verdomde Vosrite plek aangekom net na half ses om die mense by Manapools kamp te ontmoet. Ons het gou  ons hengel gery reggekry  en so het die straf toe begin.

Ek het besluit dat aangesien ek nou hier moet wees sal ek die linker stok met ‘n popup op ‘n haar strop binne in die stroom gooi. So half pap gooi half spesie affêre.

Die regter stok het ‘n G-Fox float met ‘n custard bullet op gesit en het ek net voor die stroom gegooi. Ek het Grasgogga en Tjop Tjop op die mielie bol gegooi. Daai Loutjie Louwies ou se dips want hy bly die goed in my kas druk. Word mos geforseer om met die goed ook te vang2.

So tien minute na die eerste cast het die regter stok lekker geloop en ek vang ‘n baber. Ek doen weer dieselfde en na die eerste twee ure het ek vyf van die babertjies gevang op die selfde stok. In tussen begin ek toe ook my meisiekind (wat ongelukkig saam my gestraf word die dag) se stokkies reg te kry. Ek wil haar leer om muddies te target. Ek help haar en kry haar stokkies in die water met almond bullets op die hoeke en Tokkelossie en Lodewyk op die bol.

Nie lank en sy kry ook ‘n paar babers. Net na nege slaan ek my sesde een aan en die keer is dit ‘n bulletjie van ‘n baber op dieselfde kombinasie maar die keer met ‘n G-fox float en SWD. Hy het die skaal getrek op 10.4kg en was baie hardkoppig om uit te kom. Seker maar skaam vir die kameras.

So gaan ons maar deur die dag en later begin die babers toe rustig raak die muddies begin lekker byt. Weer ‘n klomp gevang tussen 1.4 en 1.7kg – ons het nie vir haar gesê om die vis te soen nie, sy doen dit toe sommer self 🙂

Die karps was nie lus vir ons aas nie maar as jy die regte aas gebruik en by die regte mense leer kan hulle dit nie weerstaan nie. Ek het so paar veranderinge deur die dag probeer maar later die middag weer terug op my oorspronklike kombinasie. Weereens het dit dadelik gewerk en uiteindelik toe sluit ek my dag af net voor 3 uur met ‘n karpie van 6.86kg.

1Dis toe hier wat dinge begin rof raak.

Nou moet ek terug huis toe. Dis baie sad om op te pak en huis toe te gaan.

Ten slotte wil ek net weereens almal waarsku om nie Vosrite toe te gaan nie. Moenie gaan as jy ‘n asemrowende uitsig wil hê nie. Moenie gaan as jy nie uiters welkom wil voel en met ope arms gegroet wil word nie. Moenie gaan as jy nie mooi vis wat lekker baklei wil vang nie. Moenie gaan as jy nie ‘n skoongemaakte, privaat, veilige en stil kamp met geriewe soek nie. Jy gaan verlief raak op die plek en sy mense. Dis ‘n straf om te weet jy moet binnekort weer huis toe gaan. Jy sal geboelie voel omdat jy nie meer kan nee sê op die volgende geleentheid Vosrite toe nie. Jy gaan jouself boelie as jy ‘n geleentheid mis.

Ek en my meisiekind het so 18 mooi visse gevang in die 8 uur sessie. Die popup het die heel dag gelê sonder sukses. Ek sou heelwat meer gevang het as ek met twee stokke gehengel het maar wou die popup ‘n kans gee. My meisiekind het met twee stokkies gehengel. Wurms en degies het goed vir haar gewerk.

Henning se seun Zander het sy PB op karp verbeter na 7.91kg en Shaun langs hom sy PB on muddie na 1.81kg.  Daar was ander manne wat ook lekker vis uitgehaal het  maar ek het nie gevolg presies hoeveel of wat hulle gevang het nie. Ek weet wel skoon blik mielies het hulle besig gehou.

Henning: Dankie vir jou en jou familie vir ‘n wonderlike dag. Altyd ‘n groot plesier.

2Dankie ook aan daai Loutjie Louwies ou wat my “Forseer” om sy produk te koop – want dit werk. Loutjie Louwies Signature Series bly maar tops in my boeke.

Groete tot weer siens almal. As julle enige navrae het comment asseblief hier onder.

Please follow and like us:
error

Tossel

Hi almal. My visvang-bynaam is Tossel. Ek het 'n blog geskryf waar dit vandaan kom... :https://www.visvangsa.co.za/?p=623. Vir jare het ek gehoop die naam verdwyn maar nou is dit maar so. En ek's trots op hom, so dis hoe julle my nou sal leer ken. Ek is ‘n 43 jarige sosiale hengelaar wat hengel vandat ek kan onthou. My Pa het my begin leer en saam hom en baie ander mense het ek oor die jare baie meer geleer en liewer geword vir papgooi. Ek het die proewe en SA’s ding gedoen jare terug maar nou geniet ek die sport sonder die politiek. Ek hengel saam Pro-Social Hengelklub vanaf 2014 en geniet dit onsettend baie, julle moet ons kom besoek. Julle raak dalk verslaaf soos ek :D. https://www.facebook.com/groups/458751864285061/ In 2019 het ek en Henning Vosloo Vosrite Hengelklub begin en is ook no doening met die nuwe klub, sover het on ook baie fun daar: https://www.facebook.com/groups/440347853291623/

This Post Has 2 Comments

  1. Bernard

    mag ek asb vra wat die vooie is per dag?
    kan mens oor slaap by vosrite?
    waar presies is dit?

Leave a Reply