Hooked on Fishing – 29 Oktober 2018

Hooked on Fishing het vir rondte no 2 gekom  hier by Vosrite Fishing se Manapools kamp nadat ons hulle nuwe produk op die 3de Oktober gebruik het. In hierdie besoek is daar ’n paar produkte by om dan so die finale kassie bekend te stel wat aan die publiek beskikbaar sal wees. Ons het ook produkte gebruik wat nie in die kassie is nie, maar wat ekstra aangekoop kan word.

Die Karpe het Saterdag besluit dat hulle nog nie klaar is om te “Spawn” nie so hulle is maar skaars om hoek te vat oor die naweek maar ons het hulle geteiken vandag maar ongelukkig niks gekry nie…

Jaco, Juan en Jaco se meisiekind van 7 jaar het op die plaas aangekom en dadelik begin om hulle hengelgerei reg te sit sodat ons kan begin hengel….

As julle kan onthou wat in die 1st kassie was dan wat nou bygesit is die :

  1. Voorslag lyn – 150m
  2. Floats x 1 ekstra
  3. Skêr
  4. Dips x 1 Ekstra

Dit is regtig nou iets baie oulik en ek sien al hoe hierdie produk gekoop kan word vir die kinders en selfs die beginner hengelaar of selfs die pa wat so nou en dan gaan piekniek hou by ’n dam en dan ’n stokkie in die water gooi maar wat nie kaste vol produkte het of wil rondry daarmee nie.

Wat is alles in die kassie…

  1. 6 x Dips
  2. 4 x Floats
  3. 2 x Stroppies
  4. 1 x pakkie met 2 polisiemanne
  5. Lappie
  6. Voorslag lyn
  7. Skêr
  8. Bladjie met kombenasies

Die 6 dips is

  1. Feuerball – Cinnamon
  2. Phantom – Garlic/Almond
  3. Bangio – Banana
  4. Diablodrek – Caramel/Duiwelsdrek
  5. Pegasus – Raspberry
  6. Spowns – Musk

Die 4 x Floats

  1. Bangio – Banana
  2. Phantom – Garlic
  3. Feuerball – Cinnamon
  4. Spowns – Musk

Ekstra beskikbaar dips is :

  1. Ghost – Naeltjie ook in ’n floatie
  2. Nectar – Heuning
  3. Scarlet – Soet spirits

Ons het met die 1st besoek die dips en floats op toets gesit en het lekker gehengel so vandag gaan ons die nuwe dips ook gooi en kyk wat ons kry….

Reg so nou moet ons die produkte in die kas toets om te kyk of ons visse kry…. dis mos die belangrikste…

Ek is reg om te hengel en my 1 stok gaan ek soos gewoonlik vêr hengel vir karp en die ander stok naby vir Muddies.

My diep stok sit ek Scarlet saam Spowns of die voer bal met ’n spowns float of die onderste hoek en deeg op die boonste hoek… Ek gooi hom in op so 80m.

My vlak stok gooi en Bangio saam Pegasus met ’n Bangio float onder en deeg bo en gooi hom so op 35m.

Dit was regtig nie lank nie en my diep stok loop en ek kry hierdie mooi Muddie gevang….

My rekening is oop en ek herlaai weer…. Wind waai erg op stadiums en nou is my stokke stil…

So teen 8:30 het Jaco ook ’n vis aan die lyn….en sy rekening is oop… ’n pragtige 3.15kg Muddie

Stokke raak stil en ons trek uit en gooi weer in…. Dis asof die vis nie wil hoek vat nie, maar hulle is besig bo….

Intussen het Jaco se dogter ook ’n mooi muddie aan die lyn gehad en ons kan haar saam haar mooi vis afneem….

So net voor 9 het Juan ook ’n vis(sie) uit en nou is ons almal se rekening oop….

Ons gou dieselfde kombinasies en kry vis so elke 35 – 45 min.

Ek maak ’n verandering aan my kombinasie en gooi soos volg….

Bangio saam Ghost op die voer bal en dan Bangio float onder en die Nectar float bo… Albei my stokke is nou naby en nou begin die muddies lekker aan die gang kom….

Ek gooi ook op ’n stadium Nectar saam Feuerball met Nectar float en Spowns float maar die babertjies is soos in dadelik op daardie lekker kombinasie en verander toe weer terug na die Bangio en Ghost kombinasie….

So maak ons almal beurte om muddies en babers te vang en soos gewoonlik draai die dag weer lekker uit en ons vang vis….

So teen 14:00 het ons opgepak want ons was gelukkig met die klomp vis wat ons gevang het en met versekering kan ek weereens sê dat hierdie produk gewerk het.

Soos in my 1st verslag ook gekryf het dat julle kan met ’n geruste hart vir julle kinders of selfs vriende wat nie baie hengel nie so kassie aanskaf.

Dankie, Jaco vir ’n lekker hengel sessie en al die visse wat ons kon vang….

Jaco se kontak besonderhede is – 082 456 7444

Baie dankie aan Hooked on Fishing vir hierdie toets van die produk.

Dit was ’n lekker wel moeilike hengel dag en dankie dat julle produk vir my daardie mooi muddies gegee het.

Groete tot volgende keur…

Henning Vosloo

 

Please follow and like us:
error

Leave a Reply