Hooked on Fishing het my genader om ‘n nuwe produk van hulle te kom toets en ook bekendstel hier by Vosrite Fishing se Manapools kamp. Die winter hengel program het einde Augustus klaargemaak so hierdie is ’n volle produk toets en bekendstelling.
Jaco Grobler het my so week terug gebel en gevra of dit moontlik is dat ons saam ’n nuwe produk wat hy wil Loots te toets hier by Vosrite. Ek het dadelik ingestem want ek self is al lankal lus weer vir ’n lekker hengel sessie. Jaco was baie geheimsinnig oor wat die produk is en het net gesê ek moet maar wag en sien wat dit is….
Nou ek is een van daardie mense wat nie daarvan hou om te wag nie, maar ek moes maar…. Ons het gereël dat dit ek, Jaco, Juan en dan my seun Zander sal wees wat die dag almal saam sal hengel….
So het Dinsdag aangebreek en ek en Zander is so net na 6 af water toe om solank ons goed reg te kry voor Jaco en sy gas opdaag..
Soos almal seker teen die tyd weet is dat die Vaalrivier deurgeloop het met erg besoedeling die afgelope paar maande so erg dat net hier op Vosrite se oewer ons so 1300 dooie muddies uitgehaal het wat gevrek het… Dit was baie hartseer want as daar ’n vis is wat ek baie lief is voor is dit die muddies.
Ons was maar bekommerd dat al die muddies uit gevrek het maar gelukkig so paar weke terug het daar van die gaste weer van hulle begin vang.. Nou ja terug na die verslag..
Nie lank nie en Jaco en sy gas is hier en na ons gegroet het druk Jaco die verrassing in my hande en ook in Zander se hande… Ek moet sê ek het hierdie affêre se gekyk en ja ek het vir ’n oomblik gewonder nou wat is hierdie maar vinnig het Jaco die nuwe produk vir ons verduidelik….
Moet sê ek was dadelik beïndruk want ek het gesien dat self ek so iets sal wil gebruik vir so paar hengel sessies….
So Jaco en sy gas is ook reg en ons kan begin hengel. Ek het die produk toe mooi bekyk en dit is wat die produk is…..
Dit is regtig nou iets baie oulik en ek sien al hoe hierdie produk gekoop kan word vir die kinders en selfs die beginner hengelaar of selfs die pa wat so nou en dan gaan piekniek hou by ’n dam en dan ’n stokkie in die water gooi maar wat nie kaste vol produkte het of wil rondry daarmee nie.
Wat is alles in die kassie…
- 5 Dips
- 3 Floats
- 2 x Stroppies
- 1 x pakkie met 2 polisiemanne
- Lappie
Die 5 dips is
- Feuerball – Cinnamon
- Phantom – Garlic/Almond
- Bangio – Banana
- Diablodrek – Caramel/Duiwelsdrek
- Pegasus – Raspberry
Die 3 x Floats
- Bangio – Banana
- Phantom – Garlic
- Feuerball – Cinnamon
Soos gesê is dit ’n toets produk wat ons met hierdie sessie moet toets en dan sal Jaco besluit of hy op die rakke gaan kom of veranderings aangebring gaan word of iets anders dalk beplan moet word.
Reg so nou moet ons die produkte in die kas toets om te kyk of ons visse kry…. dis mos die belangrikste…
Zander gebruik die 2 x stroppe wat in die kassie is en ook die polisiemanne. Hy speel rond met die dips en kry so vis of 2 aan die hoek…
Juan doen dieselfde en so ook Jaco.
Ek het nie die stoppe gebruik nie, maar het die dips begin toets. My plan was om 1 stok vêr te hengel en 1 nader. En ek begin soos volg.
Stok 1 – Bangio saam Pegasus met ’n Bagio float op die onderste hoek saam ’n Phantom degie en dan net die Phantom degie op boonste hoek. Ek hengel die stok op so 60m.
Stok 2 – Feuerball met ’n Feuerball floatie op onderste hoek saam ’n Phantom degie en dan ook net die Phantom degie op die boonste hoek. Ek hengel die stok op 85m.
Die stokke lê stil en ek moet noem dat die karpe spawn op die oomblik hier en hulle is so naby aan die kant jy kan hulle letterlik met ’n net skep… al wat dit sê is dat dit gaan nie maklik wees om karps aan die buit te kry nie….
My stok 2 trek weg en ek maak vas…. Nee vis is mis maar naby die kant sien ek wel dat hier ’n vissie aan is… en ek het ’n klein karpie aan die lyn.
Ek laai my stok weer met dieselfde en gooi weer op 85m.
Zander stokkie loop en kry ’n klein geelvis aan.
Die stokke lê weer stil vir ’n lang tydperk. Nou begin ek wonder of die produkte werk en of dit maar net die visse is wat spawn wat nie wil saamwerk nie.
Ek besluit toe om nader te kom met my stokke… As ek praat nader dan bedoel ek 30m maks. Uit.
Ek gooi op Stok 1 Pegasus en sit net degies op elke hoek en op Stok 2 gooi ek Feuerball saam Diablodrek. Sit ’n feuerball floatie aan en degie soos op die vorige keur. Alby stokke gooi ek in op 30m.
Nie lank en my stok 1 loop, ek maak vas en voel hier is ’n bekende ruk en pluk en daar het ek ’n lekker muddie aan die lyn.
Weer gooi ek dieslfde en nou loop my stok 2. Ook ’n muddie aan en ek raak baie opgewonde. Gooi weer dieselfde… Nou loop die vissies mooi en ek vang muddies en klein geel vissies.
Juan se stokke lê stil maar kry wel ’n klein geel vissie. Jaco vang ook ’n baber, geelvis en muddie.
Ek is nou lekker aan die gang met die muddies en eindig met 7 muddies op vir die dag saam ’n klomp geel vissies en ook ’n baber.
Wat die lekkerste was, is toe ek ’n mooi muddie van 2.55kg uittrek op die Feuerball/Diablodrek kombo.
Ons het vis gekry so deur die moeilike spawn deur so die produkte het vir my gewerk en het gesorg dat ek vis op die wal kry.
Ek het vir Jaco genoem dat daar kort nog ’n geur of 2 om die reeks dan reg te kry so Jaco het klaar genoem dat hy so 2 of 3 geure by gaan sit. Ons sal hom dan weer toets maar tans gaan die kassies klaar beskikbaar wees so winkels kan gerus vir Jaco kontak om van hierdie kassies aan te skaf om op die rakke te sit.
Jaco se kontak besonderhede is – 082 456 7444
Baie dankie aan Hooked on Fishing vir hierdie toets van die produk en ja sien uit om die ander geure ook te toets…
Dit was ’n lekker wel moeilike hengel dag en dankie dat julle produk vir my daardie mooi muddies gegee het.
Groete tot volgende keur…
Henning Vosloo