Ek het drie probleme met G-Fox

Ek het G-fox die eerste keer gekoop net nadat hy uitgekom het in 2019. Na 6, 7 maande het ek drie probleme met hierdie dip ge-identifiseer en ek wil dit graag met julle deel.

  1. Party vis winkels koop dit nie en as hulle dit koop sukkel ek om stock te kry.
  2. Die botteltjie is te klein. Ek vang te veel vis met dit en soek graag re-fill bottels van ten minste 2.5 liter. Hierdie is vir persoonlikke gebruik.
  3. Ek kry nie kommissie nie. Ek het baie mense al gewys hoe vang G-Fox vis, en dan gaan koop hulle G-fox en ek kry nie kommissie nie.

Ek het drie probleme met G-fox, om vis te vang is nie een nie.

Loutjie: Puik produk! PUNT. As dit vir my werk gaan dit vir jou werk.

PS. Ek soek nie kommissie nie. Ek het nog nooit oor een dip gepost nie, hierdie dip impress my net rerig baie.

Please follow and like us:
error

Tossel

Hi almal. My visvang-bynaam is Tossel. Ek het 'n blog geskryf waar dit vandaan kom... :https://www.visvangsa.co.za/?p=623. Vir jare het ek gehoop die naam verdwyn maar nou is dit maar so. En ek's trots op hom, so dis hoe julle my nou sal leer ken. Ek is ‘n 43 jarige sosiale hengelaar wat hengel vandat ek kan onthou. My Pa het my begin leer en saam hom en baie ander mense het ek oor die jare baie meer geleer en liewer geword vir papgooi. Ek het die proewe en SA’s ding gedoen jare terug maar nou geniet ek die sport sonder die politiek. Ek hengel saam Pro-Social Hengelklub vanaf 2014 en geniet dit onsettend baie, julle moet ons kom besoek. Julle raak dalk verslaaf soos ek :D. https://www.facebook.com/groups/458751864285061/ In 2019 het ek en Henning Vosloo Vosrite Hengelklub begin en is ook no doening met die nuwe klub, sover het on ook baie fun daar: https://www.facebook.com/groups/440347853291623/

Leave a Reply