9 Mei 2018 – Venom Baits

Ons 1st Vosrite Fishing / Vervaardiger hengel dag het vandag begin en ons 1st vervaardiger is Venom Baits. Venom Baits word deur Eben Steynberg vervaardig en het nou al mooi naam begin maak op die hengel area.

Laas jaar was Venom Baits ook deel van ons Winter hengel program en daar het ons ook goed gevaar vir die dag en ons moes vandag kyk of ons weer goeie resultate kan kry.

Hierdie jaar het Eben besluit om ’n ander vervaardiger wat ook ’n winkel eienaar is saam hom te bring vir die dag sodat die gas dan met Venom Baits produkte hengel. Sy gas is Boeta Lewis van Awesome Baits.

Met die Vaalrivier wat die afgelope 3+ weke invloed was, is die Manapools kamp waar ons elke jaar hierdie dae hou toe gewees onder die water en gelukkig het Vaaldam en Barrage toegemaak en vanoggend was die kamp oop. Baie modder het op die sand gelê maar ons was reg vir die dag.

Daar was heelwat vis aktiwiteit op die water en ’n paar mooi babers het diep gedraai…

Ons het ons stokke en staanders reggemaak en ons was reg om die dag te begin……

Die groot besluit was gewees wat gaan ons teiken vir die dag… Die meeste mense wat my ken weet ek is baie lief vir moddervis hengel en ek het besluit ek gaan 1 stok naby hengel vir moddervis en dan sal ek wel 1 stok verder hengel om te kyk of ek die dalk ’n mooi karp kan optel nie…. Daar is wel ook ’n groot kans dat babers ons kan pla aangesien hulle heelwat bedrywig is op die water.

So nou weet ek wat ek wil hengel voor nou is die besluit wat gaan ek gebruik. Omdat ek weet dat moddervisse by my baie van Looti en Vicks hou het ek toe besluit om Looti en Gumtree Delux te gebruik aangesien daar wel Vicks in die Gumtree dip is.  Ek het dit so met Eben gedeel en hy haal toe vir my 1 van sy nuwe mengsels uit wat Looti/Vicks is wat klaar gemeng is by die naam van VAALBAAS.

Ek het sommer dadelik die dip oopgemaak en gereik ek ek moet sê dit wat ek gereik het, was ek klaar tevrede mee.

Die ander produk wat ek beplan het om te gebruik was die GUMTREE DELUX en dit het ek op my diep stok gebruik.

Reg noudat ek weet waarvoor ek wil hengel en wat ek gaan gebruik het ek my 1st stok reggekry om in te gooi en so ook my 2de stok.

1st Stok laai ek met Venom Baits se nuwe voer in die mooi swart sakke en op die hoeke sit ek Kondensmelk degies op en dan die VAALBAAS dip.

 

Ek gebruik die Gly Rietvlei stop met ’n spring en dan 2 hoekies. Wat ek gewoonlik doen, is as ek begin vashaak sal ek die boonste hoek afsny. Met die gebruik van die spring kan ek die voer sag aanmaak en die voer word ook 2 Dele voer teen 1 Deel water gemeng. Die voer is baie vinnig reg om gebruik te word.

My 2de stok gebruik ek dieselfde strop en daar sit ek ’n voer bal op met ’n Gumtree pit op die onderste hoek en boonste hoek ‘’n Kondensmelk degie. Dan GUMTREE DELUX op die voer bal.

Reg my naby stok gooi ek so 30m in en my vêr stok gooi ek so op 75m. Nou begin die wag…. Tussendeur gesels ons lekker en so gooi Eben en Boeta hulle stokke ook in….. Ek gaan deur die dips en begin besluit wat ek alles gaan gebruik vandag…..

Nie lank nie en my naby stok begin beweging optel en daar is dit sulke tyd…. Ek maak vas en dadelik kan ek voel dis ‘n moddervis met daardie sny deur die water met lekker kop stampe…. Ek speel die vis mooi en daar is hy op die wal in die cradle en my rekening is oop vir die dag.

Boeta Lewis laat nie op hom wag nie en hy het ook ’n moddervis op die cradle en so is sy rekening ook oop…..

Ek herlaai my naby stok en gooi weer in….. My diep stok is nog stil maar ek los hom dat hy lê want in die winter laat ek my lyne bietjie langer lê as in die somer  maande.

Weer nie lank nie en my naby stok loop weer en daar is my moddervis nommer 2 aan. Terwyl ek my naby stok weer herlaai begin my diep stok te loop en ek maak vas. Nou kan ek voel dis ’n beter klas vis maar ek vermoed dis ’n baber want hy kom so anders lei uit. Groot was my verbasing toe hy nader is dat dit ’n karp is wat aan die lyn is. OP die wal en Indië cradle en my 1st karp is daar.

So herlaai ek weer my diep stok en gooi albei stokke weer in…. Wag ‘’n ruk en my naby stok is weer wit warm. Nog ’n moddervis. My diep stok loop en daar kom ook ’n moddervis uit. So naby en diep die moddervisse is daar. Gewoonlik as ek 3 visse op ’n kombinasie gevang het dan begin ek met ’n nuwe kombinasie maar ek het so moddervis koors dat ek besluit vandag is die dag wat ek by 1 kombinasie gaan bly en sommer ’n klomp moddervis probeer vang.

So kom die een na die ander moddervis uit deur die dag. Somtyds sommer binne ’n minuut ander tye so tussen 10 en 20 minute.

My diep stok gee ook verder vir my moddervis maar hy lê heelwat langer. Ek het ook 2 babertjies op die diep stok gevang en dan is die moddervisse weer aan die gang.

Laatmiddag besluit ek vir die laaste uur voor ons klaarmaak om my diep stok ook nader te bring en nog moddervisse te teiken. En ek kry ook hulle gevang.

Dis 3 uur en ons hengel tyd is verby en dis tyd vir foto’s neem en oppak.

Wat ‘’n lekker dag was dit nie en dankie Venom Baits vir die produkte wat jy gegee het om mee te hengel en verseker gaan daar ’n VAALBAAS in my kas wees van nou af.

Eben en Boeta het ook karpe, babers en Moddervisse gevang en Eben ‘’n kleinbek geelvis ook. Ons het n Totaal van 34 moddervisse gevang vir die dag…

Die dips gebruik vandag is soos volg:

  1. Funky Fruit saam LOO-T
  2. Inferno saam Honey Badger
  3. Beatlejuice saam Banana Burst
  4. Power Pine saam Formula 2
  5. Detenator
  6. Beatlejuice
  7. Funky Fruit
  8. VAALBAAS
  9. Gumtree Delux
  10. Viper Feed

Besoek gerus Venom Baits se Facebook-blad by : https://www.facebook.com/carpmutis/

Of stuur e-pos na eebs@mweb.co.za vir meer inligting of as jy as ‘n winkel van die produkte in jou winkel wil sit.

Totsiens tot volgende Woensdag…

Henning

 

 

Please follow and like us:
error

This Post Has 7 Comments

  1. Pieter de Bruin

    Baie geluk met julle vangste. Regtig ‘n paar mooies uitgekom

  2. Karel. De Winnaar

    Dankie vir ‘n mooi verslag waar die maak van stokke,katrolle,lyn en hoeke nie in ons kele afgedruk is nie. Doen so voort

  3. Dean

    Sjoe dit lyk lekker. Goed gedoen Henning.

  4. Zubair Parker

    Well done guys

  5. Karl Fawcett

    Well done Manne , nice to see the river is fishing Well again and Venom made the lines Tight

  6. Hendrik

    Pragtige vangste.

Leave a Reply