9 Junie 2018 – Carp Fanatic SA

Ons 6de Vosrite Fishing / Vervaardiger hengel dag was Saterdag 9 Junie en ons het die Carp Fanatic SA manne hier gehad. Omdat hulle ongelukkig nie deur die week kon kom nie het ons toe gereël vir ‘n Saterdag hengel. Kyk ek en my visse is seker al gewoond om Woensdae gevang te word so dis vir ons almal ’n aanpassing. Nee darem nie regtig nie.

Dit is wel vir my andersom op ’n Saterdagoggend op die plaas te wees maar ons is reg vir die hengel dag en sien uit daarna om saam met Jaap Wilkens sy produk te hengel aangesien ek verlede jaar alleen so bietjie met sy produk gehengel het. Nou is Jaap saam en kan my help en inlig wat om te doen.

So is ek Saterdagoggend net na 6 die oggend af water toe om reg te maak vir die dag se hengel. Jaap en sy span het Vrydagaand hier aangekom en lekker gekamp en gekuier vir die Vrydagaand. So by die kamp aangekom sien ek die stads japies slaap nog en ek begin solank my hengelgerei aandra van die Cabin af na Woensdag se hengel daar. Soos ek my goed aandra word daar een vir een van die manne wakker.

Net voor 7 is ek en Jaap reg om te begin hengel. Dis baie koud en geen vis besig op die oppervlak nie en ook geen windjie wat waai nie…. Net voor ons begin hengel kom almal gou bymekaar en ons open die dag met gebed…. Dankie, Jaap dat jy die voorstel gemaak het.

Daar is bietjie mis maar kon weer vir ’n slag ’n mooi son opkoms foto neem. Daar word vir ons koffie op die agtergrond gemaak en nou moet daar besluit word hoë en wat en waar gaan ons hengel.

Omdat ek nou al 5 Woensdae gehengel het beplan ek op 1 naby stok soos gewoonlik te hengel vir moddervisse en dan 1 vêr stok vir karps. Ek het ook nou al ’n idee waarmee om te begin en so kies ek my geure uit die wat Jaap my gegee het.

My benadering is soos volg vir die begin.

Stok 1 gaan my naby stok wees en ek gebruik ‘n Gly Rietvlei strop met 2 hoeke. Ek sit die voer bal aan wat ek met Carp Fanatic SA se voer aangemaak het en op die onderste hoek sit ek ’n Garlic floatie en op die boonste hoek weer my gunsteling Kondensmelk degie. Op die voer bal gebruik ek Lotie saam Eucalyptus. Daar is nie Vicks onder die dips nie daarom gebruik ek eucalyptus in die plek van Vicks.

Stok 2 gaan my vêr stok wees en gebruik ook Gly Rietvlei strop met 2 hoeke. Op die boonste hoek sit ek ’n pynappel floatie saam Kondensmelk degie en op die onderste hoek sit ek ’n bunspice pit. Op die voer bal gooi ek Pynappel en Bunspice.

Voor ek stok 1 ingooi vat ek 5 Feeder Weights (dis ’n mushroom sinker met ’n draai steel) en sit voer balle aan en gooi dit op my kol vir die modder visse. Nadat ek dit gedoen het gooi ek toe my stok 1 kombo daar en die wag begin.

Stok 2 gooi ek op so 70 meter en daar is die 2 stokke in en nou wag ons. Ek weet dit vat min 1 uur vir die visse om aan die gang te kom so ek is heel rustig. Jaap se stokke is ook in en ook gooi hy 1 naby en 1 vêr maar sy vêr stok is 85 meter wat basis net-net voor die stroom aan die ander kant is.

Ons drink lekker koffie en gesels lekker. Ons 1st uur is verby en albei my stokke lê doodstil asof hulle vasgevries is met die koue. Jaap se stok trek weg en ons het aksie op die wal. Dis sy vêr stok en na ‘n lekker speel is sy 1st karp op die wal. Die karp trek die skaap so op 6.5kg en Jaap se rekening is oop. Ek besluit om weer oor te aas en doen so en gooi weer in.

Na so uur loop my vêr stok en ook nie lank nie is my karpie op die wal. Hy het die pynappel float opgetel en ook by Jaap het sy karp op die floatie gevat. Al wat dit vir my sê is dat die visse wil nie op die bodem eet nie.  Ek besluit op piesang en mix fruit saam ’n piesang pit en dan ‘n piesang floatie met Kondensmelk degie te gebruik. Weer gooi ek op 75 meter. Jaap herlaai en gooi weer op die stroom.

Ek begin wonder wat gaan aan met my naby stok en herlaai weer maar niks. Jaap se naby stok lê ook doodstil. Gaste van Vosrite kom maak ’n draai en kla dat die vis morsdood is daar by hulle kamp. Dit laat my wonder of die erg koue dalk sy tol eis en dit maar orals moeilik maak vir die vis om uit te kom. Ek hou ook Facebook dop en sien klomp kla daar ook van die vis wat stil is by damme.

Wel ons moet die vis aan die gang kry. Na ek my naby stok so paar keer ingegooi het kry ek ’n moddervis aan so darem het ek my moddervis gevang maar ek soek nog…. Ek is nie gewoond daaraan dat ek so min moddervisse vang nie.

Wat ek volgende doen, is ek nie baie trots op nie, maar ek moet myself gerusstel en ek gaan haal een van die produkte wat op vorige hengel sessies hier vir my baie modder visse gegee het. Askies Jaap dat ek jou nie ingelig het nie, maar soos gesê ek wil myself gerusstel. Wel, ek het daardie kombinasie ook 3+ maal gegooi maar niks. So ek weet dis nie die produkte nie, maar die vis wat van byt af is.

Intussen trek Jaap ’n mooi klein bek geelvis  en ook nog ’n mooi karp of 2 en net daar besluit ek reg nou druk ek my trots en vra hulp van Jaap af. Sonder enige twyfel lig Jaap my in dat hy Sweetcorn saam Piesang op die voer bal hengel saam met ’n piesang floatie op elke hoek en dit is dit.

Ek trek dadelik my diep stok uit en maak soos Jaap gesê het en verander my kombinasie. Ek gooi eers die Sweetcorn oor wat baie baie taai is wat ek dan op die voer bal smeer met my vinger. Daarna gooi ek piesang dip oor. Op elke hoek sit ek net 1 piesang floatie op. Ook as ek gooi gooi ek ook tot by die stroom. Reg nou is dit bietjie my beurt om ’n mooi vis te vang. Ek het darem al ’n karpie en  ’n moddervis op die wal maar dis nie genoeg nie.

Dit was omtrent weer ’n uur en ek is besig om ’n strop te laai om weer diep in te gooi dat my stok wegtrek asof hy 100m finaal hardloop. Ek maak vas en daar is ’n lekker vis aan die ander kant van die lyn. Nou moet ek mooi speel en weet sommer dit moet ’n lekker karp wees. Hele ruk gespeel en die vis is op die wal. Wat ’n mooi karp van 7Kg en my dag is gemaak. Intussen het die ander manne ook op dieselfde kombinasie visse gekry en ons weet dis nie regte kombinasie.

Herlaai weer dieselfde en lyne in…. Ons hengel tyd is verstreke en ons moet dit roep vir die dag. EK het deur die loop van die dag aksie op my lyne gehad maar nie daardie wegtrek lyn vat aksie en was regtig my moeilikste hengel dag sovêr.

Wat ek kan sê is dat daar het vis uitgekom maar omdat ons nie gejaag het nie het ons min tyd gehad om op die regte kombinasies te kom wat vis gee. Maar toe ons die kombinasie het toe kry ons mooi vis. Jaap se laaste karp wat hy gevang het, was onder 7kg sê ek kan darem spog met die grootste karp vir die dag en tussen almal wat daar was, het ons Karp, Groot en Klein bek geelvis en moddervis gevang. Glad nie sleg vir ’n moeilike dag nie. Met die terug beweeg huis toe het die ander gaste ook laat weet dat hulle sukkel om vis te kry. Lyk vir my of dit maar net nie die regte dag was om sakke vol vis te gevang het nie.

Wat ek van Carp Fanatic Sa se produkte kan sê is dat vir my vis gegee het en dis belangrik. Geure is lekker sterk en van die konsentrate is dik genoeg dat dit op jou voer bal sal bly en nie afspoel sodra dit die water tref nie. Ook die floaties het soms na ure in die water saam uitgekom so dit bly op die hoek en spoel nie af na par minute nie.

Jaap sterkte met jou produk en hou dit so. Goeie produk teen bekostigbare pryse. As die produkte nie by jou hengel winkel beskikbaar is nie maak gerus kontak met Jaap en gesels met hom. Daar is winkels wat al van die produkte aanhou en die inligting kan julle by Jaap kry.

Besoek hulle webblad by www.carpfanaticsa.co.za. Die webblad is nog onder konstruksie maar jul sal Jaap se kontak besonderhede daar kry.

Dankie, Carp Fanatic SA vir ’n lekker hengel dag en vir elkeen wat daar was dankie vir julle lekker saam kuier ook.

Groete tot volgende Woensdag

Henning

NS. Jammer dat ek nie kombenasie foto’s geneem het nie. Ons was so bly oor elke vis dat ons nie eers gedink het om dit te geneem het nie.

Please follow and like us:
error

This Post Has One Comment

  1. Hendrik

    Julle moet karp vang nie skaap nie :):)

Leave a Reply