8 Mei 2019 – Fishing Monkeys

Datum: 08 Mei 2019

Plek: Vosrite Adventures – Manapools kamp

Gaste: Fishing Monkeys

Welkom aan almal by my 2019 Winter hengel visvang saam met ons land se vervaardigers. Vir die van julle wat nuut is hier, werk dit soos volg….

Ek nooi vir die afgelope 3 jaar elke jaar die vervaardigers uit om saam met my vir ’n dag te hengel met hul produkte en dan hierdie verslag te skryf vir jul as lesers om op hoogte te bly wat gebeur. Die vervaardigers verskaf die produk vir die dag en slegs hulle produkte word gebruik. Al wat ek gewoonlik by gebruik is die al om bekende Kondensmelk deeg wat ek maak.

So my 1st gaste was die manne van Fishing Monkeys….

Dis Woensdag 8 Mei en dis die nasionale stemdag vir SA en darem ook ’n vakansiedag so ons kan ’n lekker hengel sessie insit en dan die aand gaan stem.

So het ons gereël om almal op die plaas te wees voor 7 sodat ons die sessie dan 7 kan begin en klaar te maak teen 15:00. So kom ons almal dan by mekaar vroegoggend en begin dadelik af te pak en alles reg te kry vir hierdie lekker dag. Dis koud en wind waai en nadat die son mooi op is begin die wolke saam te pak en weet ons dat as dit nie gaan reën nie dan gaan dit koue wees wat ons gaan vang…..

Maar ons is mos nie bang nie en ons is reg vir die dag….

Ek het my 2 x 11ft JL Custom stokke waarmee ek gaan hengel vir die dag en het ook besluit om naby die stroom aan die oorkant te soek vir die mooi karpe….

So het ek ‘n klompie dips en floats van Fishing Monkey gekry waarmee ek wil hengel vir die dag. Wat ek gewoonlik doen, is ek vang 3 vis per kombinasie en dan sal ek verander om die volgende kombinasie te toets.

Altyd tyd vir ‘n lekker boeretroos….. veral met die koue…..

Ek laai my linker stok – STOK 1 met die volgende kombinasie :

Onderste Hoek – Hornet Float (Naeltjie)
Boonste Hoek – Kondensmelk deeg
Voerbal – Devil Monkey (Duiwelsdrek/Caramel)

Ek laai my regter stok – STOK 2 met die volgende kombinasie :

Onderste Hoek – Garlic Float
Boonste Hoek – Kondensmelk deeg
Voerbal – Monkey Jo (Piesang) saam Green Monkey (Wintergreen)

Albei stokke gaan ek ± 80/85m. Nou kom die gewag….. die ander manne se stokke is ook reg en hulle gooi in….

40 min en my STOK 2 trek stadig weg soos ’n winter stok mos maar doen en ek is aan met my 1st vis. Speel hom kant toe en daar is my 1st muddie op die wal….

Ek herlaai en gooi weer in… Nie lank daarna nie en STOK 1 het aksie en ek vang ’n klein baber. Vis is ’n vis so ek het 2 om te gaan voor ek kombinasies moet ruil. Vinnig gaan STOK 1 terug in die water…

STOK 2 loop weer en hierdie is ’n klein karpie so dit lyk goed dat die karpe aan die gang sal kom. Weer selfde kombinasie en stok is weer in.

STOK 1 loop hierdie keer mooi en ek kan voel dis ’n beter vis… Speel hom mooi maar ai naby die wal kom hy los. Dis mos maar deel van hengel en STOK 1 word weer herlaai en ek gooi weer in.

Tussen hierdie deurkry die ander manne ook vis aan die lyn en dis babers, muddies en karpe. Hier en daar kom daar ’n geel vissie ook uit. Ek self vang ook ’n geelvis op STOK 2 en dit lyk my ek is in ’n kleuterskool. Maar aanhouer wen mos sê hulle…. Weer gaan STOK 2 terug.

STOK 2 het aksie en ek maak vas met ’n vis…. dit voel na ‘n mooi een en versigtig speel ek hom nader. Na ’n lekker lang geveg is die karp op die wal. Hy maak die skaal vas op 7.4kg…. Dis ook my 4de vis al op die kombinasie so nou sal ek moet verander.

STOK 2 verander ek na die volgende:

Onderste Hoek – Hornet Float
Boonste Hoek – Kondensmelk deeg
Voerbal – Monkey Jo saam Hornet (Naeltjie)

STOK 2 is in en STOK 1 het ek weer ’n vis aan… Mooi Baber wat uitkom.

STOK 1 gaan in vir die laaste keer op die kombinasie en nie lank nie het ek ’n muddie aan die lyn. Nou is dit tyd om kombinasie te verander.

STOK 2 kry ek ’n karp van so 4kg en ook 2 muddies op die kombinasie.

STOK 1 verander ek na die volgende:

Onderste Hoek – Hornet Float
Boonste Hoek – Kondensmelk deeg
Voerbal – Havana (Pynappel) saam BCM (Bunspice)

STOK 1 kry ek ’n muddie en daarna hierdie mooi karp wat die skaal op 7.2kg laat staan.

Die dag het tot ’n einde gekom en ons kan ook sê dat ons 4 seisoene in 1 dag gehad het. Ons almal het vis gekry en ek was baie tevrede met die resultate wat die produk opgelewer het vir die dag.

Vir die van julle wat Fishing Monkey gebruik nou weet julle wat om te gebruik as julle by Vosrite kom kuier.

Dankie, aan die Fishing Monkey span vir ’n baie lekker dag en ook aan die fotograwe vir die mooi foto’s.

Gaan besoek gerus hulle webblad by:

www.fishingmonkeys.co.za

Meer foto’s van die dag….

 

 

Please follow and like us:
error

This Post Has 2 Comments

  1. Pierre Muller

    Baie geluk julle, pragtige vis.

  2. Shawn stevens

    At once and for all vosrite is by far the best fishing spot in the freestate.im so proud to know the owner of vosrite he is a friend of mine and from him im learning lots of tips and some good pointers to use .such a great person Henning is a peoples person kind loving and open indeed.

Leave a Reply