30 Mei 2018 – Twin Series

Ons 4de Vosrite Fishing / Vervaardiger hengel dag was Woensdag 30 Mei en ons het Twin Series hier gehad. Meeste indien nie almal ken vir Johan de Klerk, een van die eienaars wat sy tyd gegee het om hier te wees. Saam met Johan was Barry en Hein, 2 hengelaars wat met Twin Series produkte hengel.

Die Twin series reeks is nou al by meeste hengel winkels beskikbaar en indien nie vra die winkel om vir julle produkte te bestel. Twin Series het ook nou begin om ’n DVD reeks uit te bring en DVD 1 is nou al van die begin van Mei uit en DVD 2 word nou uitgegee. Hoor by julle hengel winkels vir die DVD’s.

Soos met die vorige besoekers het ek weer reggemaak vir ’n lekker hengel sessie. Dit word al hoe kouer saans en oggende maar deur die dag is dit baie lekker weer. Ek is vroeg op Woensdagoggend om alles reg te kry vir die dag. Al wat nou moet kom is die gaste. Hier hang baie mis in die lig en Barry het my ook geskakel en my in te lig dat die mis dig hang en hy stadig gaan ry. Omdat ek donker nog al op die kamp is, kan ek nie regtig die mis sien nie.

Nie lank na 6 is Barry hier en so paar minute na hom kom Hein hier aan en kort op sy hakke is Johan. Johan hengel nie vandag nie, maar is hier om te help met raad en kennis.

Al my goed is opgeslaan en so ook die 2 ander hengelaars…. Voer aangemaak, my foto van die oggend is geneem en ons kan begin.

Die son het sy verskyning gemaak maar die mis is te dig en dit bly so half skemer…. moet sê dis baie koud en daar is nie regtig ’n wind wat waai nie. Ons wag nie vir die son nie en maak reg om te begin hengel.

My beplanning vir die dag is soos volg. Sovêr met die 1st 3 hengel dae het ek op die 1 stok moddervisse geteiken en op die ander stok karpe. Ek het weer beplan om my moddervis stok wat ek naby gaan hengel op so 30 meter te werp en dan my karp stok wat die diep stok gaan wees op so 80 meter te werp wat dan net-net voor die stroom aan die ander kant is.

Nou ja…. my stok links is my moddervis stok en ek aas hom op soos volg…..

Ek gebruik die Gly rietvlei strop met 2 hoeke (Ons het die kano naby indien hulle vassit). Op my onderste hoek gebruik sommer met die wegspring ’n kondensmelk degie en ’n Legend floatie en op die boonste hoek net ‘n lekker lang kondensmelk degie. As ek sê lank bedoel ek opgerol teen die hoek lyntjie. Op die voer bal gooi ek Lotie en bo-daaroor Vicks. Terwyl ek die ander stok laai loop daar van die Lotie af op die onderste degie.

Selfde strop op stok 2. Op my onderste hoek sit ek ’n bunspice pit en op die boonste hoek ’n kondensmelk degie, ook lekker lank op teen die hoek lyntjie. Ek spuit Turbo pine oor die voerbal en daarna Allrounder.

Albei stokke is gereed en en ek kan ingooi. Stok 1 op 30 meter en stok 2 op 80 meter.

Nou begin die wag en moet ook net sê dat kyk ons Vrystaters trek 2 kort broeke aan as dit koud is en ek het amper huis toe geloop om nog ’n kortbroek te gaan aantrek. Dis al 09:45 en die son wil niks weet om deur die mis te breek nie.

Hein kry ‘n vis aan op sy naby stok en ek maak gou ’n Live Facebook video maar ja dit was so koud tot die dein het plek-plek gevries op die video……

Nou ja terwyl ons Hein se mooi karp afneem trek my diep stok weg en ek is aan met ’n vis. Speel lekker tot op die wal en ’n lekker karpie op die wal. My naby stok lê nog stil en besluit om albei stokke weer op te aas.

Stokke is weer reg om ingegooi te word en weer gooi ek elk op sy plek om seker te maak ek bou ’n kol. Moet sê dis een van die belangrikste dinge om te doen en dis kol bou deur elke keer op dieselfde plek te gooi. Op Twin series se Facebook en ook Youtube kanaal is daardie tegniese video uittreksels oor kol gooi. Ek gaan dit op visvang sa se webblad ook laai vir julle om daarna te gaan kyk.

Terwyl ek wag vir ’n byt laat ek gou praat oor die nuwe Twin series Elite voer.. Hoop daar is genoeg tyd voor my stok loop want sien hy wil-wil….

Twin Series het ‘n nuwe verpakking van hulle verbeterde Elite voer wat nou aan winkels verskaf word. Twin Series maak die voer self nie net meng nie, maar van die Mieliepit wat by hulle fabriek aankom, die skiet van die pitte tot die maal en dan meng en dan verpak. As jy die voer oopmaak kry jy hierdie lekkerrrrr mielie/peanut geur wat klou aan jou neus. Nou meng jy die voer 3 dele voer teen 1 deel water. Meng goed deur en vinnig het jy voer om mee te hengel. Die reuk bly daar en vergaan nie.

Verskoon my maar daar gaan my diep stok.. ek slaan aan en weer bring ek ’n karpie tot op die wal. My naby stok wil nie saamwerk vandag nie en besluit om my kombinasie te verander op die naby stok. My diep stok gooi ek weer met dieselfde kombinasie en weer op dieselfde plek. Ek hou daarvan om my lyn styf te hou totdat hy slap word dan weet ek die voer bal is op die bodem waar hy moet wees…..nou spot die manne my en vra of ek ’n vis aanhet…. natuurlik het ek nie of wag sowaar daar hardloop hy nog voor ek die stok terug het op die penne. Ek vermoed ’n gulsige vis het die voer bal gevat en gegaan met hom want toe ek aanslaan was daar niks want my hoeke is ingedruk in die voer bal in. Trek toe maar uit en aas weer op en gooi weer in.

Ek verander my kombinasie van my naby stok en die aas bly dieselfde maar nou gooi ek Gatvol oor die voer bal en dan FX. Ek gooi in op dieselfde plek en nou kan ek verder praat oor die voer.

Tans word hierdie voer regoor Suid-Afrika verkoop teen R28.50 en die prys is op die verpakking aangebring wat ek dink baie goed is want dan kan die winkels nie jou verkul/inloop nie. Die beste is vir R28.50 kry jy 2kg se voer so dis regtig soos hulle sê…”die bargain van die jaar” koop ’n klomp sakke en gooi hulle in jou vrieskas. So gaan môre na jou naaste hengel winkel en gaan kry vir jou ’n pak of 2,3,4,5 netso veel soos jy wil…….

Reg nou is daar lewe by my naby stok en daar is hy…my moddervis wat ek soek. Herlaai weer en gooi weer in. Nie lank nie en stok loop vis aan maar hy kom los. So verloor ek ’n paar en Johan help my reg deur my degies klein op te sit. Na so ruk hardloop die stok en ek maak vas en weer ’n lekker moddervis. Dis nou al na 1 en tussendeur maak Johan hulle ’n paar video’s en Barry en Hein is lekker besig onder die visse. Ons het voor 1 al klomp visse afgeneem en teruggeplaas en nou neem ons 1 vir 1 foto soos die visse uitkom. Hein het die grootste karp vir die dag gevang en Barry hierdie monster moddervis wat die grootste was vir die dag.

Ek en Johan het gou ander dinge wat ons moet gaan doen en so eindig ons die dag hier net na 2 al. Genoeg vis en groot vis en almal is gelukkig.

Moet ook net sê dat nadat ek ’n paar visse gekry het op Gatvol en ek weer teruggegaan Lotie en Vicks toe en dis toe dat ek 3 visse na mekaar verloor het. Het ook op my diep stok iets aangehad wat op pad Parys toe was met ’n spoed want hy wou niks weet van omdraai nie, maar ongelukkig het die lyn slap geword en met die lyn terug op die wal het ek gesien dat die onderste hoeklyn gebreek het.

Wat ’n lekker dag was dit nie. Koud met baie mis in die oggend wat so tussen 10 en 11 eers weg gegaan het en daarna ’n lekker sonskyndag met hier en daar ’n windjie wat gepla het. Ons almal het visgevang en moet weereens sê dat die nuwe Twin Series Elite voer hy sy deel gedoen vandag en so ook die Dips.

Dankie, Johan, Barry en Hein vir die dag.

Hein het Bass World in Klerksdorp so maak gerus ’n draai by hom van die van julle wat daar naby is.

My kombinasies vir die dag:

Lotie saam Vicks

Lotie saam Gumtree

Turbo Pine saam Allrounder

Gatvol saam FX

BMT

Legend Floaties

Kondensmelk degie

Bunspice pitte

Die ander 2 manna se kombinasies:

Selfde as van my kombinasies en dan

Legend saam Perdeby saam FX (later TAC ook by)

Geel Soft floaties

SWD

Spyker saam Top Gun

Almal hengel op 30 meter en 80 meter vir die dag.

www.twinseriesfishing.co.za

Please follow and like us:
error

This Post Has 6 Comments

  1. Waseen

    Oom henning jy maak n mens skoon jaloers.

  2. Jacques

    Baie mooi geskryf maat.

    Wat was die gewigte van die grootste karp asook die moddervis?

    As ek mag vra wat is visrite se huidige karp en moddervis se rekord tot dusver?

    Blessings
    Jacques van Schalkwyk

    1. webmaster

      Hi. Ons het nie die visse geweeg nie maar uit ondervinding kon ons die karp tussen 8 en 9kg uitwys en die muddie was oor die 2kg. Muddie is hier net onder die 4kg wat al uit gekom het en karp bevestig op 18kg. Daar is ‘n hengelaar wat ons laat weet het van ‘n karp van 23kg maar is nie bevestig nie.

  3. Hendrik

    Mooi vangste .

  4. coenie

    waar in klerksdorp is bass world asb.

  5. Henning

    11 Cilliers straat
    La Hoff
    Klerksdorp

Leave a Reply