winter hengel sessie - Venom Baits
Eben Steynberg besit n hengel winkel en so het hy n dippie of 2 begin maak vir ekstra ietsie wat hy by die winkel kan byvoeg… so deel hy met my dat hulle gaan vis vang het by Roodeplaat dam en klomp vis gevang het en daar hy sy dogtertjie toe genoem dat die dips giftig is want hulle vang klomp vis…daar het die naam Venom Baits ontstaan. Bestaan nou al 8 jaar en baie hengel winkels hou hulle reeks aan.
So breek Visvang SA se laaste winter hengel dag aan en Venom Baits is die laaste vervaardiger wat deelneem vir 2023.
Eben en Jacko het hier opgedaag en was reg vir die hengel sessie. Ek het met hulle gedeel wat die laaste paar Woensdae gewerk het net om dit in gedagte te kan hou vir die dag.
Ek het laat Jacko links sit waar ek gewoonlik sit, ek self in die middel en Eben regs. My plan vir die dag was dat die 2 manne ver hengel en ek baie naby om te kyk of ek nie die muddies aan die gang kon kry nie. Dis asof die muddies ons nie wil kom groet nie so plan sal ek moet maak.
Ek begin die oggend deur n paar voer balle kort voor my uit te gooi sodat ek n voer kol aan die gang kan kry. Ons gebruik Venom baits se eie voer wat hulle beskikbaar het. Ek begin op my linker stok met Stinkvoetjies en op my regter stok begin ek met Mudmaster.
Stokke lê stil by my… dit gee ons n kans om bietjie meer oor die visvang te gesels en Venom Baits. Dis altyd interessant om te hoor hoe n vervaardiger begin het om hulle reeks te maak. Dis ook lekker met hierdie winter hengel sessies dat ek kry die geleentheid om met heelwat produkte te hengel saam met die vervaardigers daarvan en dit wys die hengelaars daar buite dat nie net kan jy aanhou hengel in die winter nie maar ook dat die vervaardigers daar buite se produkte werk om vis te kry. Daar is mos stories wat die rondte doen dat die vervaardiger se dip in sy kas anders is as die wat op die winkel rakke beskikbaar is…dis darem 1 ding wat ek kan se is glad nie waar nie.
Terug by my stokke…. klein geel vissies en giellies hou my besig maar ek gee nie op nie en bly vir muddies teiken al vang ek n gros geel vissies. Jaco het mooi aan die gang gekom en hy trek regtig mooi karpe uit. Eben self trek n mooi karp of 2 uit maar die wenner van die dag is Jaco wat ons out fish met klomp mooi karpe.
Ek toets se deur die loop van die dag ook die Lady Gaga wat n pienk chocolate dippie is want muddies is mal daaroor ook…steeds kry ek n klomp geel vissies aan die hoek. Ek gebruik ook BSD wat hulle nuwe Banana special dip is maar ek dink die tyd het my ingehaal en kry net nie die muddies aan die gang nie.
Met die dag wat tot einde kom was dit n baie suksesvolle dag vir Jaco en Eben en selfs vir my ook al het ek net n klomp klein vissies gevang. Hier is die lys van dippies wat vir Jaco en Eben gewerk het vir die dag.
Laaste woorde....
So ons Visvang SA se winter hengel klaar vir 2023 en sal weer 1 Mei 2024 begin.
Dankie aan Venom Baits vir n lekker hengel dag soos altyd saam julle….
Besoek gerus Venom Baits se Facebook blad by https://www.facebook.com/carpmutis
Produkte vir die dag:
Stinkvoetjies fizzer fruit/ mudmaster
Bunspice 32 / honey badger
Banlic
Vampire bleeder floats
Banana softies
BSD Banana Special
.