Datum: 29 Mei 2019
Plek: Vosrite Adventures – Manapools kamp
Gaste: SRA
So het ons volgende hengel dag aangebreek. Hierdie 1 was terug op ons gewone Woensdag hengel.
Ek het so bietjie na SRA se Facebook-blad gaan loer net om te sien wat op ons wag vir die dag. Ek het al van baie vervaardigers gehoor en gesien maar dis wat so lekker van hierdie winter hengel program is ons kry kans om hulle tot die toets te stel om te kyk wat hulle produkte doen in die winter.
Soos altyd neem ek my Sons opkoms foto vir die dag want dis hoe ek my dag begin voor ek begin hengel… Dis ook net in die winter waar die son reg opkom om sulke mooi foto’s te neem….
Reg so het Shaun opgedaag en ook vir Marius saamgebring vir die dag se hengel. Hulle albei ken visvang so ons gaan beslis nie sukkel om vis te kry nie.
SRA het 2 boksies aan my oorhandig waarin die produkte is wat ons vandag meegaan hengel.
Boks 1:
Dips:
Almond
Caramel
Bunspice
Banana
TCP
Floats:
White
Yellow
Bunspice
Banana
Honey
Boks 2:
Dips:
Wintergreen
Garlic
Bloekom
Sweetcorn
Fruity
Floats:
Sweetcorn
Anys
Bloekom
Garlic
Peach
Dan ook in elke boksie is die kombinasie lysie wat jou ’n riglyn gee wat om te hengel….
Nou as julle my blogs mooi lees sal julle weet ek het my vasgestelde kombinasies wat ek hengel elke hengel dag maar vandag het ek besluit kom ek hengel die kombinasie op die lys in die boksies…
O ja behalwe dat elke boks sy eie eie kombinasie lys in het is daar ook ’n kombinasie lys waar jy Boks 1 en Boks 2 saam hengel maar ek gaan elke boks se eie kombinasies hengel.
Ek het my 2 x 11ft JL Custom stokke waarmee ek gaan hengel vir die dag en het ook besluit om nog steeds naby die stroom aan die oorkant te soek vir die mooi karpe soos verlede week…. Daar kry ons nie net karpe nie, maar die muddies is ook daar…
So is ons reg om te begin en ek gaan op my linker stok Boks 1 hengel en op my Regter stok Boks 2.
Soos met die ander dae as ek 3 visse gevang het per kombinasie dan begin ek met die volgende kombinasie…. Ek lag altyd as jy sien veral op Facebook dat ’n persoon sy eie dip in die kombuis gebou het of ’n gekoopte dip en 1 vis op hom vang en dan is dit die beste dip wat jy kan kry…. maar nee dis hoekom ek 3 visse per dip vang….. Dis maar moeilik as die vis aan die gang is en jy moet jou kombinasie verander maar dis darem net vir hierdie winter hengel van my.
Stok 1
Kombo 1
Boonste hoek – Banana Float
Onderste Hoek – Banana Float
Voer bal – Almond en Banana dip.
Stok 2
Kombo 1
Boonste hoek – Galic Float
Onderste hoek – Garlic Float
Voer bal – Garlic en Sweetcorn dip
Albei stokke gooi ek tot basies by die stroom aan die ander kant….
Dit was nie lank nie en my Stok 2 trek weg en ek het my 1st vis aan…. Speel hom mooi tot op die wal en my 1st muddie is op die wal.
Ek herlaai weer met dieselfde kombinasie en gooi weer daar agter.
Stok 1 lê stil maar ek los hom…..
Stok 2 trek weer weg en die tyd is so 40min wat hy lê…. Hierdie is beslis ’n beter vis en na ’n ruk se speel het ek my karp op die wal….
Ek herlaai weer want ek het nog 1 vis oor op Kombinasie 1 dan skyf ek oor kombinasie 2 toe…
Stok 1 besluit om ook te loop nadat ek weer nuwe goed aangesit het en ’n klein babertjie is op die wal….
Stok 2 hardloop so babertjie is afgehak en nie tyd vir foto nie en ek maak vas met iets groots aan die hoek…. hy bly lyn vat en ek kry hom darem gedraai…. ek bring hom in tot so in die helfte van die rivier en daar is hy af….. Dit was wel vis 3 maar ek soek een op die wal en gooi die laaste keur weer dieselfde kombinasie op stok 2.
Stok 1 is weer in met Kombinasie 1…..
Stok 2 hardloop na so 45min en ek kry weer ’n muddie op die hoek…
Stok 2 verander ek nou die kombinasie na…
Kombo 2
Boonste hoek – Sweetcorn Float
Onderste hoek – Sweetcorn Float
Voer bal – Wintergreen en Sweetcorn dip
Stok is en en ons wag…. Ek gesels lekker met Shaun en hy vertel my dat hy nie net hierdie produkte doen nie, maar ook Hemde en dan ook bied hy klinieke aan…. So die man is besig en kan sien hy geniet sy hengel….
Stok 1 hardloop en weer ’n baber aan maar darm ’n beter een….
Herlaai stok 1 en Stok 2 trek weg….
Op die wal nog ’n mooi karpie….
Herlaai stok 2 en sit hom daar agter waar ek heeldag al gooi…. Van die byte is vinnig maar van hulle vat ook maar hulle tyd…. Ek kry ook van hierdie klein Grootbek geel vissies maar ek tel dit nie as ’n vangs nie…. ons is hier om mooi groot visse te vang.
Stok 1 hardloop na ’n lang tyd en my 1st ordentlike geelvis is op die wal….
Nou kan ek Stok 1 se kombinasie ook verander….
Kombo 2
Boonste hoek – Bunspice Float
Onderste hoek – Bunspice Float
Voer bal – Bunspice en Almond dip
My stok 2 is mooi aan die gang en weer het ek ’n karp aan….
So kry ek ook my 3 visse op Stok 2 kombo 2 en ek gooi kombo 3 op stok 2.
Kombo 3
Boonste hoek – Sweetcorn Float
Onderste hoek – Anys Float
Voer bal – Fruity en Sweetcorn dip
Die dag trek einde se kant toe maar ek kry weer klomp klein geel vissie aan. Lyk vir my dat die karpe en muddies van die byt af is en nou is die geel vissies honger….
So my opsomming vir die dag….
Boks 1 kom ek tot by Kombo 2 en by Boks 2 kom ek tot by Kombo 3.
Dis winter en die byt temp. Is stadig….. Ek weet dat as dit somer is, gaan ek beslis baie meer kombo’s kan hengel en die visse gaan jou besig hou.
Shaun en Marius het ook paar mooi visse op die wal soos die foto’s hier onder wys.
Dankie, aan julle besoek en hopelik sien ek julle gou weer hier by Vosrite om verder lekker te hengel.
Besoek Shaun se webblad by:
Onthou Shaun bied ook klinieke aan so bespreek hom gerus vir ’n kliniek en jul sal beslis baie leer by hom.
Groete tot volgende keur…..