You are currently viewing 23 August 2023 – Detonator Dips

23 August 2023 – Detonator Dips

winter hengel sessie 23 Augustus 2023

Andre Griesel kom uit die konstruksie bedryf uit en weens sy passie vir visvang het hy die eerste dippies begin wat versprei is by Blaauwpan dam in Mei 2016.

Een dag terwyl die dippies so teen die dam verkoop en bekend gestel is roep 2 ou ooms vir Andre en sê vir hom dat die dippies veroorsaak ’n “ontploffing” in die water….daar is die saadjie geplant en dit sit Andre aan die dink…..van daar die naam….DETONATOR.

Detonator Dips se eerste 4 dippies op die mark was…..Pink Sweets, Peanut, Tropical Fruit en Banana.

In 2023 het Detonator 4 nuwe dips op die mark gesit… Madzinator, Jacquelator, Multifactor en Turbonator.

Vandag het Detonator ’n vol reeks van 40 Dips, 40 bal dips, 16 Floats, 6 gegeurde mielies, 5 gegeurde degies, Blow out(Sa Poeier) en Mieliebom.

Dis Dinsdag 22 Augustus 2023 en Madeleine en Sarel daag op hier by Vosrite vir Woensdag se hengel dag. Dis sessie nommer 2 en ons vertrou dat die erg koue weg is dat ons ’n klomp vis sommer gaan kry. Schalk kom bietjie later by die Dinsdagaand sodat ons dan vroeg kan begin Woensdagoggend.

Die dag het aangebreuk en ons is besig om alles reg te kry sodat ons 7 uur die lyne kan ingooi. My plan vir die dag is om die volgende geure te gebruik want ek jaag vis vandag. Ek gaan Bunspice, Bloekom, Piesang en Wintergreen geure gebruik.

Ongelukkig in die reeks is daar nie ’n Wintergreen dip nie en besluit om die Raspberry/Bloekom in die plek van Wintergreen te gebruik. Daar is wel Stufford floats wat Wintergreen is.

So besluit ek ook om so naby as moontlik aan die ander kant in die stroom te hengel vir die dag. Ek laai my linker stok(1) met Bunspice en Bloekom/Vicks op die voerbal en gebruik ’n Bloekom pit op die onderste hoek met ’n Bunspice float op die boonste hoek. My regter stok(2) laai ek met Banana en Multi Factor(Raspberry/Bloekom) op die voerbal en   Banana float op onderste hoe ken Stufford(Wintergreen) op die boonste hoek. So gooi ek albei so naby as moontlik aan die ander kant en nou die gewag. Die ander se stoke is in en nou kan ons eers bietjie gesels oor die algemeen.

Madeleine se lyn maak ’n beweging en nou wag ons in spanning vir die vis om te loop….nie lank nie en sy kan die lyn kap maar ongelukkig sit hy vas….ek gaan so 2 kampe aan om gou die boot te gaan haal sodat ons die lyn kan losmaak…. ek kom aan by die lyn wat hak en sien Sarel is besig met ’n vis. Ek maak die lyn los maar ongelukkig is daar nie ’n vis aan nie, maar Sarel bring darm die 1st vis uit vir die dag. Dit was my linker stok wat geloop het en die karp het die Bloekom float opgetel.

Nou is die ys gebreuk en ons weet die vis gaan aan die gang kom. Dis ’n baie lekke oggend en is beslis nie so koud soos die vorige sessie nie. Ek herlaai my stok 1 weer met dieselfde kombinasie maar ek haal net die pit a fen sit ’n Bunspice float in sy plek… so na 1uur 30min loop my regter stok en ek begin my vis speel sodat ons hom op die wal kan kry. Vat dit maar stadig maar ek land my karp van 6kg. So laai ek weer die stok met dieselfde kombinasie en weer gooi ek in die stroom.

Net n paar minute later en Sarel is aan met ’n vis. Op die wal en dis ’n mooi karp van so 5kg. Ons nog besig met Sarel se vis toe loop Madeleine se stok ook en sy kry ook ’n mooi karp op die wal van so 4,8kg. Vis is aan die gang en al wag ons ’n tyd vir die vis kry ons darm vis. Sarel gooi naby en vang ’n klein geelvis. Ons lag oor die “groot” vis toe loop my stok 2 weer en ek kry ’n karp van so 3kg op die wal. Albei my stokke is nou die Banana en Raspberry/Bloekom kombinasie want ek het so paar ander probeer met geen sukses nie. Sarel vang nog so 2 klein geelvissies naby en gooi te weer diep. Vis raak stil hier van 11 uur af en niks wil byt nie.

Madeleine bederf ons met lekker worsbroodjies so nou is ons magies vol en reg vir as die vis weer begin byt. So kry Schalk ook ’n mooi “run” maar hy kry hom nie gestop nie en daar gaan sit die vis vas. Ek self verloor ook ’n vis. Net voor ons klaarmaak hardloop my stok 1 en speel hom mooi maar weer gaan sit hy vas…ek spring gou in die boot en gaan maak hom los en tussen Schalk en Sarel bring hulle die vis uit en so kry Schalk to ’n karp van 3.5kg op die wal.

Ek is skaars terug op die wal toe loop my stok 2 en dis die laaste vis vir die dag. Ons sluit die dag af met ’n karp van 4.3kg. Wat ’n lekker dag. Wind het so nou en dan kom pla maar niks erg nie. Was lekker warm en kan voel my gesig het lekker gebrand.

Laaste woorde....

Ons totale vir die dag lyk soos volg:

Henning 3 vis 1 verloor vir totaal 13,8kg

Sarel 5 vis vir totaal 9.7kg

Madeleine 1 vis 2 verloor vir totaal 4.8kg

Schalk 1 vis 1 verloor vir totaal 3,5kg

Bunspice, Vick/Bloekom, Banana, Multi Factor, Top Secret/Madzinator, Butter Toffee was die geure wat ons gebruik het vir die dag.

Dis was ’n baie suksesvolle dag gewees met 10 vis op die wale n dit nog ’n entjie van somer af.   

Dankie, aan Madeleine, Schalk en Sarel vir ’n lekker lag hengel dag..

Besoek gerus hulle Facebook, Tiktok en Youtube kanale.

Tot volgende keer….

Groete 

Please follow and like us:
error

Leave a Reply