winter hengel sessie 21 Junie 2023
Andre Griesel kom uit die konstruksie bedryf uit en weens sy passie vir visvang het hy die eerste dippies begin wat versprei is by Blaauwpan dam in Mei 2016.
Een dag terwyl die dippies so teen die dam verkoop en bekend gestel is roep 2 ou ooms vir Andre en sê vir hom dat die dippies veroorsaak ’n “ontploffing” in die water….daar is die saadjie geplant en dit sit Andre aan die dink…..van daar die naam….DETONATOR.
Detonator Dips se eerste 4 dippies op die mark was…..Pink Sweets, Peanut, Tropical Fruit en Banana.
In 2023 het Detonator 4 nuwe dips op die mark gesit… Madzinator, Jacquelator, Multifactor en Turbonator.
Vandag het Detonator ’n vol reeks van 40 Dips, 40 bal dips, 16 Floats, 6 gegeurde mielies, 5 gegeurde degies, Blow out(Sa Poeier) en Mieliebom.
Dis Dinsdag 20 Junie 2023 en Andre en Schalk daag op hier by Vosrite. Hulle pak solank af en slaan tent op en toe kan hulle bietjie rondloop en die kamp verken. Hulle wag vir Madeleine en Adrian wat ook deel van die groep gaan wees vir Woensdag se hengel dag. Ek self is besig om ’n afdakkie by Likkewaan kamp te bou so ek kan nie tyd saam Andre hulle spandeer nie. Later die middag daag Madeleine en Adrian op en ek self nadat ons klaar is op Likkewaan sluit ek gou aan by die span om laaste reëlings te tref vir die volgende dag se hengel. Ek word lekker bederf met ’n geskenk pakkie en ook sommer die produk wat ek die volgende dag mee moet hengel. Andre gee die hele reeks aan my so ek gaan kan kies waarmee ek gaan hengel môre.
Ek lê van vroeg af wakker Woensdagoggend en soos altyd lê ek en planne maak vir die dag. Dit gaan maar so voor ’n hengel dag mos met my. Dit was baie koud deur die aand met die kouefront wat ingekom het en ek besef ons gaan nie ’n maklike hengel dag hê nie. Ek gaan so 05:30 af en vanaf waar ek by die plaashuis gery het tot onder by die water is my vensters toe geys. Mense dis nie koud nie dis behoorlik koud…Selfs 2 kort broeke sou nie genoeg gewees het nie… Ek word gegroet deur Madz en Adrian en nie lank nie is Schalk uit die tent en toe kom Andre.
Ek sukkel om my visvang goed reg te kry want dis te koud. Krane is gevries en sukkel om water te kry om voer aan te maak…dis was nie maklik om alles reg te kry nie. Maar aanhouer wen en my goed is reg vir hengel. Met die koue vat dit toe langer en ons begin eers hengel teen 07:30. Kyk net hoe koud en geys was alles met die regkry van ons toerusting…
Ek gaan deur die dippies en besluit om te begin met Bunspice saam ’n bunspice floatie op die 1 stok wat ek vêr gooi en dan op my naby stok Catanator(Stinkgat) want ek weet mos Muddies hou van goed wat stink en hierdie dippie stink behoorlik. Ek sit ’n Caramel degie aan die hoek.
Lyne is in en die gewag begin. 47min en my vêr stok loop. Ek maak vas en ek is aan met ’n vis. Speel hom lekker want ons is nie haastig nie. Ek kan voel dis ’n mooi vis nie klein nie, maar ook nie baie groot nie. En daar gebeur dit wat geen hengelaar van hou nie……jip vis kom los nie baie vêr van die kant af nie.
Maar nou ja…ons gooi maar weer in. Adrian het darem ’n vis op die wal en verloor hom nie soos ek nie. Stokke lê lank en vis wil nie saamwerk nie. Ek herlaai albei my stokke weer maar op my vêr stok sit ek dieselfde op maar gooi nou net Caramel saam op. Weer gooi ek hom vêr uit en wag terwyl ek die naby stok ook weer oorlaai.
27min en my vêr stok trek weg met ’n spoed. Nou speel ek die vis ekstra mooi en terwyl ek besig is met my vis hardloop Schalk se stok ook en ons albei het visse aan… Nie lank nie en my vis is op die wal mooi karpie en my rekening is oop. Ek herlaai my stok weer en gooi in. My naby stok bly stil en ek verander na Turbonator(Molasse/Strawberry) saam met Eucalyptol(Bloekom/Vicks) op die voer en Caramel degie as hoekaas. Muddies hou mos van daardie kombinasie ook. Kort stok is in en ons wag…. Met die wat my vis toe uitkom gaan sit Schalk se vis vas en ons verloor hom ongelukkig.
Andre en Madz se stokke lê stil….wel ons almal se stokke lê stil. Ons sit lekker en gesels en word bederf met ’n lekker middag vleis en slaai. Die visse wil regtig nie saamspeel nie, maar uiteindelik hardloop Madz se stok en sy het ook ’n karpie op die wal. Adrian het vir Madz en gooi haar stokke letterlik amper teen die ander kant vas. Ons almal se stokke is doodstil net die wind waai die polisie manne rond. Adrian se alarm is nie aan nie en na die vis moeg geswem was kom hulle dit eers agter en daar sit die lyn vas. Ek is met die boot in om te gaan kyk of ons hom dalk los kan kry maar ongelukkig verloor ons die vis en toe is Madz se stok ook aan die hardloop maar omdat die lyn so naby aan die ander kant gegooi was, het die vis onmiddellik in die takke ingegaan en so verloor ons toe ook daardie vis.
Laaste woorde....
Ons eindig die dag met 3 vis op die wal en 4 vis wat ons verloor het. Vir ’n kouefront hengel dag sal ek sê ons het nie sleg gevaar nie en ons het darem vis op die wal gekry. Dit was ’n lekker hengel meer gesels uitstappie met lekker bederf en sien uit na die volgende sessie in Augustus.
Dankie, aan Andre. Madeleine, Schalk en Adrian vir ’n lekker lag hengel dag..
Besoek gerus hulle Facebook, Tiktok en Youtube kanale.
Tot volgende keer….
Groete