18 Mei 2019 – Big Daddy Baits- Big Fish Series

Datum: 18 Mei 2019

Plek: Vosrite Adventures – Manapools kamp

Gaste: Big Daddy Baits

So het ons volgende hengel dag aangebreek. Hierdie 1 was op ’n Saterdag omdat die manne iets anders as net ’n dag se hengel wou doen.

Hierdie gaan ’n lekker dag wees want nie net Big Daddy Baits is hier vir die dag nie, maar ook Legends Pro Angling se manne…..

Soos altyd neem ek my Sons opkoms foto vir die dag want dis hoe ek my dag begin voor ek begin hengel… Dis ook net in die winter waar die son reg opkom om sulke mooi foto’s te neem….

Hierdie gaan ’n kort verslag wees want onder is die video skakel geplaas wat ons hele dag mooi opsom wat ons gedoen het en wat ons gevang het….

Moet sê dis eintlik lekker om na die video te kyk en die lekker dag weer te beleef….

Ek het my 2 x 11ft JL Custom stokke waarmee ek gaan hengel vir die dag en het ook besluit om nog steeds naby die stroom aan die oorkant te soek vir die mooi karpe soos verlede week….

Ons is in totaal 6 hengelaars en elkeen het ’n emmer vol produkte gekry om te gebruik vir die dag.

Daar was ’n persoon wat my op die Visvang SA Facebook-blad gevra het hoekom ek ’n kondensmelk deeg hengel as ek met die vervaardigers se produkte hengel…. wel my antwoord was dis hoe ek hengel maar ek sal dan nie weer deeg hengel mits dit vervaardiger dit in sy lys van produkte het nie…..

Ons het nie net lekker gehengel nie, maar die manne het ons ook lekker bederf met iets te ete…

Kyk gerus die video by hierdie skakels….

Youtube – https://www.youtube.com/watch?v=_m5j-B2mu1Y&feature=youtu.be&fbclid=IwAR1h-ORj8e6bPodZgdRfYdyexpDK5kyYZwZcyiXh8PONql5QQ-TEIACvmsY

Facebook – https://web.facebook.com/BigFishSeries/videos/458239951412001/

Gaan LIKE ook hulle Facebook-blad en dan die borg vir die LEGENDS besoek ook hulle blad en kyk wat hulle alles aanbied.

Legends – https://web.facebook.com/SasolburgFishing/

Dankie, aan elkeen vir julle besoek en hopelik sien ek julle gou weer hier by Vosrite om verder lekker te hengel.

Groete tot volgende keur…..

Leave a Reply

Close Menu