winter hengel sessie saam Razortooth Baits
Dis Woensdag 16 Augustus en dis ons Razortooth hengeldag. Freek en sy seun Kyle het vroeg oggend uit Pretoria uit gery om hier te wees voor 6 die oggend al. Ek self het so na 6 by die water aangekom waar Freek en Kyle besig was om hulle laaste goedjies reg te kry vir die dag se hengel. Jacko is die ander hengelaar wat ook deel van die span is vir die dag. Jacko kan jy sê is al deel van Vosrite se meubels en n baie goeie vriend van ons. Hy ken die waters hier en hy was basies die dag saam ons om ons(ja selfs vir my) bietjie touwys te maak en raad te gee.
Freek Holtzhausen , gebore in Pretoria .. Het as kind altyd saam met sy Pa gaan hengel , en daar n Passie en Liefde ontwikkel vir die Natuur en Hengel .. In Freek se eie woorde….Ek is baie Lief vir Hengel en Kosbare tyd te spandeer met n Gesin , en is baie Lief vir die Natuur wat deur GOD geskape is , ek het in September 2014 n Geleentheid gekry om Razortooth Baits oor te koop by n Vervaardiger , maar die Reeks was slegs Baber Produkte , ek het n Goeie Vriend Lee Gouws wat voorgestel het , dat ek n Karp Reeks ook moet inbring , want die Baber reeks doen goed … So het ons toe begin met die Karp Reeks , en Wow Boom , die karp reeks het “Explode” .. Vandag al soveel Post , Reports , Pb van Hengelaars wat hul Vangste verbeter , Razortooth Baits het n Span wat bestaan uit Elite Series , Klub Komp , Savof , SA’s , Champ of Champs Hengelaars , ons Junior Hengelaars Presteer net so goed , en ons een Junior is die nommer 1 in die Land … Ek hou daarvan om anders te wees met my Karp Reeks en Produkte , ek hou nie van Copy en Paste nie , ek doen my eie ding , en hou nie van Hengel Politiek nie …. ons Streef daarna om altyd ons Produkte bekostigbaar te hou vir die hengelaar , want hengel is n Passie en Stokperdjie vir my .. Razortooth het ook nou n Spesie Reeks uitgebring wat bestaan uit Pop Ups , Tigernuts , Karp Extract Boosters en binne Kort ook Kaboem Mielies.






Ons stokke en alles is gereed en Jacko gee raad dat ons so ver moontlik moet hengel want naby wil die vis nie byt nie. Dit beteken dat ons gaan moet gooi om vir die dag by die stroom en selfs in die stroom te hengel. Ek het my 11 voet stokke saam met 10lb lyn so ek gaan moet oop maak want dis so 120m tot aan die ander kant waar ons omtrent moet hengel,
Freek het vir my n mooi Battle boks laat maak met n paar dippies. Mielies en floats in. Ek besluit na hulp van Jacko dat ek my linker stok gaan laai met Bunspice en Hurricane(Bloekom) saam met n Bloekom float en n Bunspice float. Op my regter stok natuurlik my gunsteling kombinasie wat bestaan uit Banana saam Ice Age(Wintergreen) en ook met n Banana float en n Ice Age float. Ek gebruik M1 sinker vir die gooi om seker te maak ek kom naby aan waar ek moet hengel. Kom darem naby daaraan en nou begin die gewag, Lekker koffie en beskuit en tussen deur en Freek, Kyle en Jacko kry ook hulle stokke in. Dis nog winter so stokke lê lank of wel so het ek myself reg gemaak dat hulle lank gaan lê. Tot my verbasing trek die regter stok weg en 1st vis is aan die lyn. Vis kom maar moeilik uit en met die vis op die wal kry jy sommer n lekker bondel sluk ook saam. 1ste vis op die wal vir my en dis n kleinbek geelvis. Wel n vis is n vis en ek is bly dat ek n vis het. Ons laaste 2 sessies was nie maklik gewees nie en vis was baie skaars.

Ek herlaai my stok met dieselfde kombinasie en gooi weer so ver ek kan. Nou is dit my linker stok wat weg trek en ek maak vas met n vis aan die lyn. Speel hom mooi tot op die wal en daar het ek n karp vir die dag. Ek gooi weer dieselfde kombinasie op en laat loop hom stroom toe. So tussen die koffie drinkery kom Kyle agter dat sy stok is besig om erg te loop so hy hardloop na sy stok toe wat toe al oppad water toe was….mense kyk….Kyle gee n grond skyf duik aksie daar wat die Springbokke jaloers sal maak en hy kry sy stok voor hy water toe gaan en hy het n vis aan. Daar is Kyle se 1st karp ook op die wal.
Freek kry ook n kans en later die dag kry Jacko ook n kans. Jacko was ons lyn losmaak hero en is meer in die water as op die land. Met die sluk hierdie tyd van die jaar klou dit op jou lyn en sodra jy in katrol dan sleep jy hierdie massa sluk saam en dit veroorsaak dat jou lyn gaan vas sit. Ek het n baie mooi vis so verloor wat gaan vas sit het en Jacko het alles probeer om die vis los te kry maar hy kon nie.




So kry ons visse op die wal vir die dag maar verloor ook soos hulle vas gaan sit. In totaal het ek toe 3 vis op die wal en 3 verloor. Ek sou 4 visse op die wal gehad het maar ek was ook op n stadium in die water besig om n lyn los te maak toe my stok hardloop. Jacko het darem die vis uit gekry en ek het die vis aan hom gegee vir die dag.
Wind was rustig vroeg oggend maar later deur die dag het hy erg begin waai. Baie van die vis het ons gemis a.g.v. die wind waar jy nie kan sien die vis byt nie.
Ons almal het n paar visse gekry en dit was regtig n baie lekker besige hengel dag gewees. Die kombinasies waarmee ek gehengel het, het goed vir my gewerk en vis op die wal gesit. Ek moet ook net bysê dat hier en daar moes ons lyne uithaal om oor te laai dan met meeste kere kom die floats saam uit op die hoek. Dis min dat jy kry dat floats saam uitkom as jy lyne uittrek.




Laaste woorde....
Ons het nader aan klaar maak tyd n vuurtjie aangesteek en n lekker vleisie gebraai. Spesiale dankie aan Elmarie my vroutjie vir die lekker slaai wat ons saam die vleis kon geniet.
Hier is ‘n kort opsomming van die aantal visse en kombinasies wat gebruik was deur ons almal:
1) Henning : 3 Karps , 1 Geelvis … 3 Vis Verloor
2) Freek : 2 Karps , 1 Geelvis …. 2 Vis verloor
3) Kyle : 2 Karps … 4 Vis verloor
4) Jacko : 2 Karps … 2 Vis verloor
Henning se Kombenasie :
Bo : Bloekom Sagte float
Onder : Bunspice Sagte float
Bol : Bunspice/Bloekom
Freek/Kyle se Kombenasie :
Bo : Garlic Sagte float
Onder : Vlooi Sagte float
Bol : Garlic/Vlooi
Bo : Bloekom Sagte float
Onder : Bunspice Sagte float
Bol : Bunspice/Bloekom/Kwagga
Jacko se Kombenasie :
Bo : Bloekom Sagte float
Onder : Bunspice Sagte float
Bol : Bloekom/Bunspice
Bo: Jalapeno Sagte float
Bol :Viper/Banana
Dankie aan Razortooth vir n lekker hengel dag met vis op die wal. Ons reel weer so sessie binnekort om bietjie die Baber kant ook te doen.
Besoek gerus hulle Facebook groep vir lekker visvang terugvoering en raad.
Groete