Datum: 15 Mei 2019
Plek: Vosrite Adventures – Manapools kamp
Gaste: AWA Baits
Welkom aan almal by my 2019 Winter hengel visvang saam met ons land se vervaardigers. Vir die van julle wat nuut is hier, werk dit soos volg….
Ek nooi vir die afgelope 3 jaar elke jaar die vervaardigers uit om saam met my vir ’n dag te hengel met hul produkte en dan hierdie verslag te skryf vir jul as lesers om op hoogte te bly wat gebeur. Die vervaardigers verskaf die produk vir die dag en slegs hulle produkte word gebruik. Al wat ek gewoonlik by gebruik is die al om bekende Kondensmelk deeg wat ek maak.
So my 2de besoeker is Mark van AWA baits..
Dis Woensdag 15 Mei en ek is reg vir my 2de sessie en is vroeg al onder by die water om alles reg te kry en reg te wees as Mark opdaag. Mark laat weet hy is deur Parys so nie lank nie dan sal hy hier wees. Met winter wat nou op ons is, is dit nog donker wat ek by die water aankom… Dis koud maar nog nie so dat ek 2 kortbroeke hoef aan te trek nie…. Kyk dis hoe jy weet dis koud in die vrystaat as die boere 2 kortbroeke aanhet.
Dis voor 7 en Mark is op die plaas…. Ons stel mekaar voor en gesels sommer dadelik lekker. Ek gaan wys vir Mark waar ons gaan hengel vir die dag. Nou is ons reg om alles klaar te kry sodat ons kan begin hengel. Hy pak sy trommels uit wat vol dips en floaties is en ek self kan kies wat ek wil gebruik…. Ek kies my produkte en pak dit in my kas…. Nou vir die voer…. Mark erken reguit dat dit meer vir kompeterende hengelaars is wat weet hoe om voer aan te maak omdat sy voer nie bv. 2 voer 1 water is nie, maar jy maak hom aan op gevoel…. Nie dat ek kompeterend hengel nie vat ek maar ’n kans en maak vir my aan en dis “spot on”…. so nou kan ons begin hengel….
Soos altyd neem ek my Sons opkoms foto vir die dag want dis hoe ek my dag begin voor ek begin hengel… Dis ook net in die winter waar die son reg opkom om sulke mooi foto’s te neem….
Ek het my 2 x 11ft JL Custom stokke waarmee ek gaan hengel vir die dag en het ook besluit om naby die stroom aan die oorkant te soek vir die mooi karpe soos verlede week….
Ek laai my linker stok – STOK 1 met die volgende kombinasie :
Onderste Hoek – Garlic Float
Boonste Hoek – Garlic Float
Voerbal – Pynappel en Bunspice
Ek laai my regter stok – STOK 2 met die volgende kombinasie :
Onderste Hoek – Banana Float
Boonste Hoek – Clove Float
Voerbal – Banana saam Cloves.
Albei stokke gaan ek ± 80/85m. Nou kom die gewag….. Mark se stokke is ook reg en hy gooi ook in.
Die voerbal het ek eers my hand natgemaak en dan voer gevat en gebrei tot reg en dan op die sinker gesit. Dis wat goed werk met die voer.
20 min en my STOK 2 trek stadig weg soos ’n winter stok mos maar doen en ek is aan met my 1st vis. Speel hom kant toe en daar is my 1st Karpie op die wal….
Ek herlaai en gooi weer in… Nie lank daarna nie en STOK 1 het aksie en ek vang ’n Muddie. Vinnig gaan STOK 1 terug in die water…
STOK 2 loop weer en hierdie is ’n klein karpie so dit lyk goed dat die karpe aan die gang sal kom. Weer selfde kombinasie en stok is weer in.
STOK 1 loop hierdie keer mooi en ek kan voel dis ’n beter vis… Speel hom mooi en op die wal nog ’n mooi muddie. STOK 1 word weer herlaai en ek gooi weer in.
Tussen hierdie deurkry Mark ook vis aan die lyn en dis baber, muddies en karp. Hier en daar kom daar ’n geel vissie ook uit. Ek self vang ook ’n geelvis op STOK 2 en dit lyk my ek is in ’n kleuterskool. Maar aanhouer wen mos sê hulle…. Weer gaan STOK 2 terug.
STOK 2 het aksie en ek maak vas met ’n vis…. dit voel na ‘n mooi een hy bly lyn vat…. Ek kry hom gedraai maar hy trek weer weg en vat lyn… 3 keur kry ek hom omgedraai waar daar trek die hoek uit sy bek en ek mis die vis. Selfde wat verlede week gebeur het maar ek gee nie op nie. Ek kry wel weer ’n karp…
STOK 2 hou ek op die slefde kombo maar stok 1 verander ek na net Musk toe.
Daarop kry ek ook ’n paar visse…
STOK 2 is in en STOK 1 het ek weer ’n vis aan… Mooi karp kom uit op die Musk…..
Visse bly uitkom by my en Mark is seker al met die helfte agter maar een kant is ek bly dit gebeur want baie mense daar buite maak die aanmerkings dat die vervaardiger se dips in sy kas is beter as die wat hulle op die rakke sit… As dit so was dan sou ek nie soveel meer vis as Mark gevang het mie….
Die dag het tot ’n einde gekom en ek was baie tevrede met die resultate wat die produk opgelewer het vir die dag. Tussen die hengel deur het ek vir Mark gevra waarvoor AWA staan en hy verduidelik soos volg….
AWA staan vir ALLE WATERS ALTYD / ALL WATERS ALWAYS…. wel die naam het gewerk want ons het vis gekry. Dis regtig ’n baie lekker produk en Mark sit hierdie produk op die mark vir die algemene hengelaar maar kompeterende hengelaars kan dit ook gebruik. Dis nie ’n magdom van dips en floats nie dis ’n klein reeks maar hy werk.
Vir die van julle wat AWA baits gebruik nou weet julle wat om te gebruik as julle by Vosrite kom kuier.
Dankie, aan Mark vir jou besoek en hopelik sien ek jou gou weer hier by Vosrite.
Gaan besoek gerus hulle webblad by
www.awabaits.co.za