14 Augustus 2019 – JUMBO Fishing

Datum: 14 Augustus 2019

Plek: Vosrite Adventures – Manapools kamp

Gaste: JUMBO Fishing

Welkom aan almal by my 2019 Winter hengel visvang saam met ons land se vervaardigers. Vir die van julle wat nuut is hier, werk dit soos volg….

Ek nooi vir die afgelope 3 jaar elke jaar die vervaardigers uit om saam met my vir ’n dag te hengel met hul produkte en dan hierdie verslag te skryf vir jul as lesers om op hoogte te bly wat gebeur. Die vervaardigers verskaf die produk vir die dag en slegs hulle produkte word gebruik. Al wat ek gewoonlik by gebruik is die al om bekende Kondensmelk deeg wat ek maak.

Die afgelope 4 – 5 weke was hier ’n vis stilstand gewees met al hierdie koue fronte wat so na mekaar ingekom het en geen vis wou saamspeel met ons hengel dae nie. Hier was ’n paar vervaardigers en selfs ek op my eie het ook probeer maar kon niks kry nie. Omdat ek geen vooraf voer toelaat nie is dit regtig jy en die vis daardie dag wat in jou area is so hulle word nie gelok na jou plek toe behalwe as jy begin hengel nie….

Dis Woensdag 14 Augustus en vandag is dit maak of breek met die geen visse maar ek is vol vertroue dat ons gaan vis kry aangesien die seisoen begin draai het en ook meer vis gesien kan word wat bedrywig is op die oppervlak. Ek is net na 6 by die kamp en begin alles regkry en wag vir my gaste om op te daag.

Gaste is net voor 7 op die plaas en na ons gegroet het kry hul ook gou alles reg en ons is net na 7 reg om te begin hengel….

Ek het my 2 x 11ft JL Custom stokke waarmee ek gaan hengel vir die dag en het ook besluit om naby die stroom aan die oorkant te soek vir die mooi karpe en dan 1 naby hengel vir my geliefde muddies….

Ek laai my linker stok – STOK 1 met die volgende kombinasie :

Onderste Hoek – Pampoenpitte floatie
Boonste Hoek – Pampoenpitte floatie saam ’n SWD
Voerbal – Banana Paste saam Perdeby

Ek laai my regter stok – STOK 2 met die volgende kombinasie :

Onderste Hoek – Sweets float
Boonste Hoek – SWD
Voerbal – Banana Paste saam Strawberry Dream

Stok 1 gooi ek so op 80m en stok 2 op so 45m. Jumbo en Mike se stokke is ook reg en hulle laat loop ook. Selfde soos ek hengel hulle ook 1 stok naby en 1 stok vêr. Jumbo gooi ’n paar voer balle op sy naby kol en so ook Mike. Nou die gewag. Nou is dit eers tyd om bietjie met Jumbo te gesels en so praat ons oor die skyf wat hy gemaak het weg van die ander vervaardiger en nou op sy eie…. Ek gaan ook deur die produkte wat hy saamgebring het vir die dag en kan die kwaliteit daarin sien… Kyk daar is net 1 FX daar buite en dis JUMBO Fishing se FX.

30 min en Jumbo se stok trek weg en hy het sy 1st vis aan…. So staan Mike reg om te skep en sy stok trek weg…. Nou vat ek maar die skep werk oor so wie se vis ook al 1st is, sal dan geskep word. Mike se naby stok het gebyt so hy is die naaste…. Hulle albei speel lekker met die vis en die vis is nie van plan om sommer net dadelik in te kom nie… volgende oomblik trek my diep stok ook weg so nou is dit maar elke man vir homself om te skep…

Dis so lekker om weer ’n vis aan die lyn te kry dat nou raak die lus net groter en groter om ’n klomp te wil vang…. En daar is die 1st 3 vis op die wal… Mike het sy prag karp op sy 8ft stokkie gevang wat hy naby gegooi het vir die muddies…. my en Jumbo se karpe het uitgekom op ons diep stokke…. as die dag so begin vertrou ons dat dit ’n lekker dag gaan wees en sommer ’n klomp vis gaan vang….

Ek herlaai en gooi weer in… Nie lank daarna nie en STOK 2 het aksie en ek vang ’n geelvis. Vinnig gaan STOK 2 terug in die water…

STOK 2 loop weer en hierdie is ’n muddie wat kom kuier het…

STOK 1 loop weer na so ruk en weer kom ’n mooi kleinerige karp uit. STOK 1 word weer herlaai en ek gooi weer in. Hierdie keer verander ek die kombinasie na die volgende.

Onderste Hoek – Sweets float
Boonste Hoek – SWD
Voerbal – Kaptein

My naby stok raak besig so tussendeur die stilte en weer ’n mooi muddie op die wal.

Jumbo en Mike is ook besig en sjoe watter mooi muddies kom uit vir die dag. Daar is lang rukke wat die vis stil is en dan vlieg hulle weg en dan kom daar ’n vis of 2 uit en dan weer stil.

Jumbo maak sommer gebruik van die geleentheid om ’n video te maak van die dag se gebeure so kyk uit vir hom een van die dae.

Ek het nie eers baie kombinasies getoets vandag nie, want toe die vis loop op die kombinasies wat ek gooi het ek gebly daarop op seker te maak ek kry vis. Ons is beloon met lekker vis vir die dag maar ons het nie sakke vol gevang nie, maar wel kwaliteit vis.

Al wat ek nog by kan sê is dat die floaties in die JUMBO Fishing reeks regtig baie baie besonders is en kan sien Jumbo sit baie tyd in dit om seker te maak dat nie net die geur nie maar die kleur en floaties self top gehalte is.

Ons het nie “geblank” soos ons dit noem nie en ek wou nog graag klomp van die ander dips ook gebruik het. Ek sal dit hou vir ’n volgende keur….

Dankie, aan JUMBO fishing wat deelgeneem het aan my winter hengel program. As dit nie vir julle vervaardigers is nie kan ek nie die reeks hou nie.

Jumbo dit was ook baie lekker om saam ’n legende soos jy te kon hengel… nou moet ons ’n Feeder sessie hou…

Jou produk is van topgehalte en kan sien jou kennis word daar ingesit om seker te maak dis tops….

Tot ’n volgende keur……

Stywe Lyne

Please follow and like us:
error

Leave a Reply