You are currently viewing 12 Mei 2021 – Legends Legacy Series

12 Mei 2021 – Legends Legacy Series

Datum : 12 Mei 2021

Vervaardiger : Legends Legacy Series

Plek : Vosrite Manapools kamp

So het Visvang SA se winter hengel se 2nd program afgeskop en met niemand anders as die bekende Barend Breedt van Legends Legacy Series.

Kyk hier is nou ’n hengelaar van formaat so ek is opgewonde vir die dag om te sien wat ons gaan maak vandag.

My beplanning is soos Maandag om 1 stok naby en 1 stok vêr te gooi… Ek wil weereens vir Muddies en ook karps gaan vir die dag.

Met Barend se aankoms was dit vinnig alles regkry sodat ons kan begin hengel. Barend oorhandig ’n paar produkte aan my wat ek mee moet hengel vir die dag…. 1 van hulle is natuurlik Gameplan wat ek vir muddies gaan gebruik. Kyk dis nou ’n dip wat die Muddies nie sommer nee sê voor nie. Dan is daar ook Braveheart(Gumtree), Delta Force(Raspberry), Dragon Fire(Bunspice/Nealtjie), Excaliber(Musk) en dan ook Shosalosa(TCP/Garlic). Saam dit natuur die Real Maggots en dan ook ’n lekker Wintergreen float en ’n Fish oil float. Kyk ek het hierdie Real Maggots so gekyk en sommer geweet as ek 1. daarmee/2. hiermee gaan vang gaan ek al die babers in die rivier vang vandag.

Ek het my 1st stok gelaai met Mieliebom en op die onderste hoek lang soet wit deeg en boonste hoek die Wintergreen float. Ek wil Muddies teiken so op die bal gooi ek Gameplan en die stok gaan lekker naby is waar ek Maandag ook vir muddies gevang het.

My 2nd stok wat die verder stok is laai ek met Braveheart en dan saam op die hoeke Soet wit deeg en op die ander hoek die fish oil float. So gaan die stok vêr in en die gewag begin.

Barend vat nie lank voor hy aan is met ’n vis nie, maar wat interessant is, is dat kyk Barend het oop spoel gegooi tot amper op die ander kant se wal….en daardie stok bly vis uitbring. Ons naby stokke wil niks weet nie en lê doodstil. My verder stok trek weg en ek vang ’n klien geelvis….

Na nog ’n paar gooie en niks vis nie, maar Barend slat die vis daar vêr besluit ek toe kom ek maak ’n voer kol naby en dan hengel ek ook verder en kom dan later terug op my voer kol. Ek gooi so paar voer balle en toe is dit tyd om oop te maak. Ek raai altyd die mense aan om voor die stroom te gooi maar vandag gaan ek in die stroom gooi en kyk wat gebeur.

Ek laai my 1st stok met die Real Maggots so 4-6 per hoek en saam op die boonste hoek laai ek ’n floatie by. Op die voer bal gooi ek Delta Force maar ek gooi genoeg ek speel nie…. Nou moet ek mooi gooi en ek laat loop tot in die stroom met hom…Nou is ek reg vir ’n baber want Maggots = Babers volgens my.

2nd stok laai ek met Braveheart pitte en op die voer bal Braveheart en soos met die 1st stok laat loop ek oop en gooi tot in die stroom. Nou vir die gewag….

Wel, nie lank nie en my 2nd stok loop en ek kan voel dis ’n mooi vis en na ’n ruk se gespeel het ek die mooi karp op die wal.

Ek is baie opgewonde en laai my 2nd stok weer dieselfde en weer gooi ek tot in die stroom.

Nie lank nie en my Maggot stok loop en weer voel ek dis ’n mooi vis…karp se kind het weer kom kuier.. Ek laai my 1st stok weer en nou gooi ek net soe bietjie Dragon Fire saam met Delta Force en weer met ’n klomp Maggots op die hoeke.

My 2nd stok loop maar ek mis hom en laai weer Braveheart saam pitte en gooi weer diep.

Ek trek op my 1st stok ’n baber skat hom so 4 kg en my lyne hak en maak die vis in die water los en neem nie ’n foto nie. So laai ek weer die stok en gooi op dieselfde plek en ook gooi ek my 2nd stok oor in na die hak.

My 1st stok trek weer weg en nou voel ek hier is ’n mooi vis aan….voel soos ’n sak aartappels wat ek uitsleep en naby aan die kant besef die man hy is gevang en nou wil hy pad vat… Barend help my skep en wat ’n pragtige karp en tot my verbasing op MAGGOTS…regtig? Wel, soos gesê word the proof is in the pudding en hier sit ek met ’n baie mooi karp wat op Maggots gevang is.

So is Barend aan die vis die hele dag maar my dag was gemaak gewees met daardie prag karp wat ek gevang het. Wat ’n lekker hengel dag was dit nie gewees nie en ek het dit regtig baie geniet.

Dankie, aan Barend vir die produkte wat ek mee kon gehengel het en ook vir ’n lekker hengel dag.

Volgende is Super Cast en sien ook baie uit na die sessie. Hou die spasie dop om te sien wat volgende Woensdag gaan gebeur…

Groete aan almal…..  

Please follow and like us:
error

Leave a Reply