You are currently viewing 10 Mei 2021 – LL Signature Series

10 Mei 2021 – LL Signature Series

Datum : 10 Mei 2021

Vervaardiger : LL Signature Series

Plek : Vosrite Manapools kamp

So het Visvang SA se winter hengel program afgeskop en met niemand anders as die bekende Loutjie Louwies van LL Signature Series nie.

Dit was nou nie die 1st Woensdag nie, maar wel geskuif na die Maandag toe weens besigheids redes.

So het Maandag die 10de Mei aangebreek en vroegdag is ek wakker gou besprekings doen dan kan ek gaan visvang. Gelukkig het ek die vorige middag die bakkie klaar gelaai so ek kon nie inklim en afry onder toe.

Ek het so net voor 7 by die water aangekom en dadelik my goedjies afgepak en reggekry om 7 uur se kant te begin. Loutjie het laat weet hulle is nie meer vêr nie en ek het solank my stokke ingegooi sodat ek die dag kan begin. EK hengel die dag met 2 x 11ft stokke met die Gly Rietvlei strop met M0 sinkers op.

Dit was lekker koud en met die naweek se koue front het ek gewonder of ons ooit vis gaan kry vir die dag. My beplanning was soos volg. 1 Stok lekker naby vir die Muddies en dan 1 stok bietjie verder vir die karpe. So beplan so gedoen.

Ek laai my 1st stok met LL Signature Series se voer wat ek 4 dele voer en 1 deel water aanmaak om ’n bietjie stywer bom te maak. Saam daarmee sit ek natuurlik op die onderste hoek ’n lekker lang soet wit deeg op en op die boonste hoek ’n SWG (Sweet White garlic) float. Dan op die voer bol sit ek Loodewyk sommer lekker baie en dan Tokkelossi bo-oor….Dis my naby stok wat ek wil gebruik vir die muddies.

Ek laai my 2nd stok met LL Signature Series voer en dan op die onderste hoek ’n Banana pit en op die boonste hoek ’n SWG Float met ’n SWD backing. Op die voer bal gooi ek Banlic saam Caramel Extreme en dis die vêr stok vir Karpe. Vêr is so 30m van die ander kant af uit die stroom uit.

Dis winter so ek weet die stokke gaan ’n ruk vat voor hulle vas is aan die vis. Rivier se water is nie skoon nie en vol alge ens. en geen wind wat waai om net dit bietjie weg te waai nie. So vir die gewag vir die visse kom Loutjie aangery en hy het sy kamera man saamgebring en deel met my dat hulle sommer ’n nuwe Vaskap reeks gaan begin en Vosrite is hulle 1st program….mmmmm dit beteken ons sal moet vis kry anders is daar nie ’’n produksie wat uitgesaai sal kan word nie.

Loutjie sêgoed is opgeslaan en hy begin ook hengel. Soos ek 1 stok naby en 1 stok vêr. Julle sal die Vaskap episode moet kyk via www.mytv.co.za sodat julle kan sien wat hy gevang en wat hy gebruik het vir die dag.

My naby stok gee ’n trek en ek is vas met ’n vis… stoei lekker en nie lank nie is my 1st karpie op die wal.

 

Ek laai weer op en gooi in weer naby. Interessant dat ek karpies op my Muddy mengsel kry maar soos hulle altyd sê ’n vis is ’n vis solank ek ’n vis vang…

My lyne lê stil en kry nie vis nie….. Loutjie het darem al ’n vis of 3 en hy gaan lekker aan my sy show. Ek kry nie vir op my vêr of naby stok nie en ek besluit om die nuwe Juliass dip van LL te gebruik want ek sien dis waarop Loutjie sy vis kry….

So gemaak hou ek my naby stok in en ek verander my vêr stok na Juliass saam met SWG floats op die hoeke. Gooi so bietjie verder en daar kry ek weer ’n karpie na so ruk wat my stok lê. Nou besluit ek regkom ek gaan aan met Juliass en kyk wat die dip kan maak…

Ek kry toe nog ’n mooi Baber en nog ’n kleiner baber en dan 2 geel vissies verder op Juliass vir die dag. EK het geen ander dips verder gebruik nie en ja dit was ’n moeilik dag vir my maar gelukkig het Loutjie ’n klompie mooi vis gekry.

Dip vir die dag vir my was gewees Juliass so hy het sterk deurgekom en het gewerk vir my.

Woensdag is dit Barend Breedt wat hier gaan wees so hoop dit is so lekker hengel dag soos wat ek en Loutjie gehad het.

Dankie, aan LL Signature Series vir die produkte wat gegee is om mee te hengel en ook vir ’n lekker hengel dag.

Groete aan almal….. 

Please follow and like us:
error

Leave a Reply